George Weideman is vanoggend om 03:30 in die ouderdom van 61 jaar in die Louis Leipoldt-hospitaal in Bellville oorlede. Weideman was die skrywer van sewe digbundels, twee romans, vier bundels kortverhale, sewe jeugboeke, asook verhoogdramas waarvan net een gepubliseer is en drie ongepubliseerde radiodramas.

Suid-Afrika wil hê dat buitelandse maatskappye gebruikte kernbrandstof moet herprosesseer.
Die tropiese storm Gustav hang steeds oor Haïti met orkaansterkte en het ten minste 13 mense gedood.