Waar is ons gratis onderwys?
Die ANC-regering het die mense van Suid-Afrika in die steek gelaat deur nie gratis onderwys in alle staatskole te verskaf nie. Dit is die mening van die Congress of South African Students (Cosas).

‘Nuwe saaklikheid’ in internasionale rassedebat
Onlangs skryf Rod Liddle ‘n sin in die Britse Spectator wat hom in Suid-Afrika sekerlik die attensies van Jody Kollapen se Menseregtekommissie op die hals sou gehaal het: “Waarom skiet swart mense mekaar heeltyd dood? En is daar enigiets wat die res van ons aan die situasie kan doen of behoort ons hulle maar net te los?”
Indien Liddle ‘n lid van Nick Griffin se regse British National Party was, sou sy oneerbiedige kommentaar nie juis merkwaardig gewees het. Maar Liddle kom juis uit ‘n links-liberale agtergrond en is een van Brittanje se bekendste joernaliste en voormalige redakteur van die BBC4 se Today-radioprogram.

Lees verder: ‘Nuwe saaklikheid’ in internasionale rassedebat
Zuma, De la Rey en die herskikking van ons politiek
Jacob Zuma en die omstredenheid rondom hom is die beste ding wat in jare met die SA politiek kon gebeur. Nie net skep die magstryd rondom die ANC-leierskap verdeeldheid nie, maar tydens Zuma se hofsaak het die Zoeloe-faktor volledig tot die swart politiek teruggekeer.

Lees verder: Zuma, De la Rey en die herskikking van ons politiek
Swart boere in Zim se wittebrood verby
Robert Mugabe se regering gaan binnekort finansiële hulp onttrek aan swart boere wat ingevolge die land se grondhervormingsbeleid blanke plase oorgeneem het.
Hierdie stap volg op beskuldigings verlede week deur Gideon Gono, goewerneur van die Zimbabwiese reserwebank, dat die grondhervormingsprogram ’n chroniese voedseltekort laat ontstaan het.
Plase is sedert 2000 lukraak gekonfiskeer en swart boere het nóg die toerusting, nóg die ervaring gehad wat nodig was om die grond suksesvol te bestuur. Die reserwebank het tot dusver baie van hierdie nuwe boere finansieel gehelp. Gono het egter die afgelope naweek bekendgemaak dat hulle binnekort “gespeen” gaan word. “Dit is nou sewe jaar sedert ons ons grond teruggeneem het, maar ons kyk steeds na die regering vir hulp,” het die goewerneur gesê. “Volgende seisoen gaan ons alle A2 (swart) boere speen, want hulle is nou volwasse.” Hy het boere wat groot plase besit verder beskuldig dat hulle hul regeringsubsidies misbruik en in gebreke bly om lenings terug te betaal.

Ghana se Messias
Op 6 Maart sal Ghana sy 50-jarige onafhanklikheid van Brittanje vier. President Thabo Mbeki het verlede Vrydag in ANC Today die land lof toegeswaai.

Zuma-besoek aan moordslagoffer ontlok wye reaksie
Die besoek van die ANC se vise-president Jacob Zuma aan die familie van ‘n bloemis, mnr. Willie Slabbert wat op ‘n plaas in Meyerton vermoor is, het wye reaksie van Afrikaners ontlok.
Dr. Dan Roodt van Praag het aan die Johannesburgse koerant, The Citizen, gesê dat “mnr. Zuma se kommentaar en besoek ‘n welkome verandering van die kille afsydigheid van Mbeki teenoor plaasmoorde verteenwoordig.” Hy het ook erken dat hy verlede jaar saam met ander Afrikaners ‘n gesprek met mnr. Zuma gevoer het rondom die probleme wat Afrikaners onder die ANC-bewind ervaar. Hy vind mnr. Zuma se toenadering tot die Afrikanergemeenskap, asook sy welwillende houding, “belowend”.

Lees verder: Zuma-besoek aan moordslagoffer ontlok wye reaksie
Regstellende aksie hier om te bly
Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het Saterdag verklaar dat regstellende aksie in Suid-Afrika “nooit sal verdwyn nie.” Hy het die jaarlikse Koning Silamba-byeenkoms van die Ndebele in Pretoria toegespreek.
“In teenstelling met oproepe in die parlement deur die Demokratiese Alliansie-opposisie gaan regstellende aksie en huidige gelyke indiensnemingwetgewing nooit herroep word nie, maar wel sterker toegepas word,” het die minister gesê.

Afrikaners wil selfbeskikking h
Verteenwoordigers van Afrikanerorganisasies het op Saterdag 3 Maart in Pretoria ontmoet om ‘n organisasie te stig wat hom vir Afrikanerselfbeskikking sal beywer. Diegene wat teenwoordig was het besluit om dit voorlopig die Afrikanerfront te noem,” het die segsman Henk van de Graaf gesê. Individue van politieke partye, asook onderwys-, landbou- en kultuurgroepe was teenwoordig. “Die
De Klerk bekommerd oor grondwet
Die vorige president FW de Klerk meen 2007 gaan ’n bepalende jaar vir Suid-Afrika wees. Hy voorsien stormagtige jare vorentoe en daarom wil hy hê dat die land by sy grondwet moet hou.
Onlangs is die grondwet vertrap deur die Transvaalse Hooggeregshof wat Ermelo-hoërskool gedwing het om sy taalmedium te verander.
Tydens ’n kongres by Sun City, het De Klerk gemeen heelwat hang af van die uitslag van “die huidige stryd om die siel van die ANC” tussen Cosatu, die SA Kommunisteparty en die ANC-jeugliga, enersyds en andersyds die algemene rigting wat deur ANC-presidente Thabo Mbeki en Nelson Mandela neergelê is.