Tydens sy besoek aan die Slabbert-familie, het Zuma gesê dat misdaad in Suid-Afrika ‘n ernstige probleem verteenwoordig. “Dis belangrik dat die hele nasie teen misdaad gemobiliseer word,” het hy verklaar.
Hy het ook gemeen dat daar behoefte aan meer interaksie tussen die Afrikanergemeenskap en die regering bestaan. Dit sal help om die gemeenskap nie uitgesluit te laat voel nie.
Mnr. Willie Slabbert se niggie, Daleen Kruger, is dood aan ‘n hartaanval kort nadat sy verneem het dat hy met ‘n mes op die kombuisvloer doodgesteek is. Kruger se broer Theuns is ‘n kwadrupleeg nadat hy in die nek en rug geskiet is in 1999.
Vroeër vandeesweek het die sanger Steve Hofmeyr ook besoek aan Zuma gebring om oor Afrikaners se frustrasies te praat. “Zuma voel oor Zoeloes soos ek oor Afrikaners voel,” het Hofmeyr na hul gesprek verklaar.
Dr. Dan Roodt van PRAAG het insgelyks beklemtoon dat Zuma sterk oor sy Zoeloe-identiteit voel. “In die verlede was daar goeie verhoudings tussen Afrikaners en Zoeloes en dit is nodig om daarna terug te keer,” het hy gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.