Regstellende aksie hier om te bly

Image

Mdladlana

Membathisi Mdladlana, minister van arbeid, het Saterdag verklaar dat regstellende aksie in Suid-Afrika “nooit sal verdwyn nie.” Hy het die jaarlikse Koning Silamba-byeenkoms van die Ndebele in Pretoria toegespreek.

“In teenstelling met oproepe in die parlement deur die Demokratiese Alliansie-opposisie gaan regstellende aksie en huidige gelyke indiensnemingwetgewing nooit herroep word nie, maar wel sterker toegepas word,” het die minister gesê.

Mark Lowe van die Demokratiese Alliansie het verlede week tydens ’n parlementêre debat oor werkskepping gevra dat regstellende aksie afgeskaf word. Hy het die tekort aan gekwalifiseerde ambagsmanne op regstellende aksie geblameer. Die Verenigde Party, die Vryheidsfront Plus, asook Mangosuthu Buthelezi, het almal die versoek gesteun.

Volgens Mdladlana is regstellende aksie nie diskriminasie teen sekere bevolkingsgroepe nie, maar wel ’n poging om “ongelykhede van die verlede” reg te stel. Hy het verder ontken dat regstellende aksie net van toepassing is op “diegene wat ons ingestem het.”

In sy reaksie het Dirk Hermann van Solidariteit gesê Mdladlana behoort as voorsitter van die Internasionale Arbeidsorganisasie te bedank, aangesien sy siening oor regstellende aksie nie ooreenstem met die organisasie se beleid nie. Volgens die organisasie is regstellende aksie bloot van ’n tydelike aard.

Willie Spies van die Vryheidsfront Plus het ook die minister se uitspraak veroordeel en gesê dat hy sy reputasie as “een van die ANC se mees geharde rassiste” hiermee bevestig het.

виза в хорватию для белорусовФільчаков Олександр Васильович