Krieket Australië het die internasionale krieketraad versoek om 'n bemiddelingsfase vir rassebeledigings in internasionale krieket in te stel.
Gauteng-nommerplate gaan verander
Motoriste in Gauteng gaan aanstaande jaar hul sakke moet skud.
Betancourt-huwelik kon nie ontvoering oorleef nie
Dit lyk asof die huwelik van die onlangs vrygelate Franse gyselaar in Colombia, Ingrid Betancourt, iets van die verlede is.
Lees verder: Betancourt-huwelik kon nie ontvoering oorleef nie
Gordon Brown noem Zim-bewind ‘n ‘kriminele kabaal’
Ten tye van die G8-vergadering in Japan, het die Britse eerste minister Gordon Brown gister na die regering van Zimbabwe as 'n kriminele kabaal wat die mag gesteel het, verwys.
Lees verder: Gordon Brown noem Zim-bewind ‘n ‘kriminele kabaal’
Els in Skotse Ope
Suid-Afrika se Ernie Els slaan hierdie week af in die Skotse Ope in 'n poging om sy momentum te herwin.
Springbokke en All Blacks verskree mekaar
Die bekgeveg wat die toetswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks voorafgaan, het verhewig met 'n voormalige Kiwi-stut wat die Springbok-afrigter as 'n marionet beskryf het.
Wetenskaplikes vol vertroue dat hulle aardbewings kan voorspel
Wetenskaplikes in die V.S.A. het op 'n verskynsel afgekom wat hulle glo vir hulle vooraf waarskuwing oor 'n dreigende aardbewing sal gee.
Lees verder: Wetenskaplikes vol vertroue dat hulle aardbewings kan voorspel
Skaker verloor skietgeveg met parate burger
'n Bende skakers het hulle Moses Dinsdagaand in Kemptonpark teëgekom toe hulle moes bes gee in 'n skietgeveg.
Laat krimp jou selfoonrekening
Al gewonder hoeveel jy kan spaar op jou maandelikse selfoonrekening deur na ʼn ander netwerk of kontrak te migreer?
Die top 5 gratis programme op die net
OpenOffice.org
Open Office is goeie mededinging vir Microsoft Office; dit werk op al drie bedryfstelsels, Windows, MacOS en Linux. Jy kan baie betaal vir Microsoft Office of niks vir Open Office nie, met ʼn woordverwerker, spreitabel, databasis, voorleggingsprogram en nog meer.

