Springbokke en All Blacks verskree mekaar

Die bekgeveg wat die toetswedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks voorafgaan, het verhewig met 'n voormalige Kiwi-stut wat die Springbok-afrigter as 'n marionet beskryf het.

Dowd sê Peter de Villiers het nie die geloofwaardigheid om die Springbokke se afrigter te wees nie.

Volgens sy mening weet De Villiers niks van rugby af nie.

Hy het gereageer op De Villiers se standpunt dat die All Blacks se voorrye onwettige taktieke moet gebruik om die Springbokke se krag teë te werk.

Vroeër het die beseerde Springbok-kaptein John Smit ook ingeklim en gesê die All Blacks word toegelaat om met oortredings weg te kom waarvoor ander spanne gestraf word.

Suid-Afrika se erekonsul in Nieu-Seeland, Gregory Fortuin, het Dowd aangespreek en versoek om sy uitlatings terug te trek.

диагностическое оборудование автоОлександр Васильович Фільчаков