Els het 'n op-en-af jaar gehad met 'n oorwinning in die Amerikaanse PGA-reeks maar ook met vyf keer wat hy die afsnypunt gemis het.
Een daarvan was by die Amerikaanse Meesters-toernooi.
Die "Big Easy", soos hy ook bekend staan, sê hy is uitgerus maar effe verroes na 'n breuk van drie weke. Hy sê hy sal aan sy selfvertroue moet werk.
Die Skotse Ope is die laaste toernooi voor die derde Majeur van die jaar, die Britse Ope.
Els het die Skotse Ope in 2000 en 2003 gewen.
Die voormalige Britse Ope-kampioen sê hy vind dit moeiliker om op gholf te konsentreer nadat sy vyfjarige seuntjie, Ben, vroeër dié jaar as outisties gediagnoseer is.
