Krieket Australi? wil rassebemiddelingsfase h

Krieket Australië het die internasionale krieketraad versoek om 'n bemiddelingsfase vir rassebeledigings in internasionale krieket in te stel.

Australië wil nog 'n politieke krisis vermy soos dié vroeër vanjaar toe die Indiese draaibalbouler Harbhajan Singh rassebeledigings na die Australiër Andrew Symonds geslinger het.

Australiese spelers het getuig dat hulle hom gehoor het toe hy Symonds 'n groot aap gedurende die tweede Sydney-toets in Januarie genoem  het.

Australië argumenteer dat die huidige proses teenoor alle partye misluk omdat dit nie vertroulik is nie.

Die internasionale krieketraad is blykbaar nie hiervan oortuig nie.

tops online gameФільчаков Олександр Васильович прокурор