Cell C bied die opsie om tot 7 nommers van vriende en familie te registreer. Goedkoper tariewe geld dan vir alle oproepe na hierdie nommers gedurende spitstye.
Al drie netwerke bied tans afslag van tot R86 op jou kontrakfooi, indien jy bereid is om ʼn goedkoper, meer basiese foon daarmee te neem.
Op hierdie kontrakte is die detailrekeninginligting en nommeridentifikasie nooit opsioneel nie en vorm dit deel van die maandelikse vaste koste.
C lyk na ʼn goeie opsie, veral as mens dit saam met die afslag op ʼn goedkoper selfoon kombineer.
Vodacom se gratis minute is goeie waarde vir geld, veral omdat die ongebruikte gedeelte oorstaan na toekomstige maande.
Oproepkoste per netwerk
Vodacom bied twee opsies, die tarief word gehef per minuut vir elke minuut en/of gedeelte van onvoltooide minuut, of per sekonde.
Alle MTN oproepe is geprys volgens die tarief per minuut soos hierbo uiteengesit.
Cell C-oproeptarief is per minuut tot en met die verstryking van die eerste minuut, daarna word dit per sekonde gehef.
Bedrae in rooi dui die goedkoopste tarief onder die drie netwerke aan.
As mens die oproepkoste vergelyk, wil dit voorkom of Vodacom ʼn groter verskeidenheid van opsies bied, en dat mens hier kan bespaar deur vas te stel watter opsie die beste by jou gebruikersprofiel pas.
Onderliggend is dit belangrik om te weet dat Vodacom ongeveer 55% van die sellulêre lugtydmark in Suid-Afrika besit. Dit lei daartoe dat meer as die helfte van selfoonoproepe na ʼn Vodacomnommer gemaak word.
MTN en Cell C is wesenlik duurder as Vodacom, waar oproepe na nommers na Vodacom gemaak word. Die enigste alternatief is Cell C se vriende- en familie-opsie, wat 5 sent goedkoper is as Vodacom vir ʼn oproep op die Vodacomnetwerk.
c) My selfoonrekening-opsomming:
Ek is tans op die Weekender-per-sekonde-kontrak by Vodacom en wou met behulp van die detailrekeninginligting vasstel hoeveel ek sou betaal op enige van die ander kontrakte by een van die drie netwerke. Ek het my gedetailleerde rekening van Mei 2008 gebruik en met behulp van die tariewe hierbo, die volgende ontleding gedoen:

Wat sou my oproepkoste wees, sou ek na ʼn ander kontrak migreer?
- Die Weekender per-sekonde-kontrak van Vodacom is die goedkoopste van die 5 kontrakte, wat oproepkoste aanbetref.
- Indien jy n groot persentasie van jou oproepe na nommers op die Vodacom netwerk maak, sal Vodacom se pakkette heelwaarskynlik die goedkoper opsie wees, vanweë hulle 55% markaandeel.
- Indien jy baie oproepe na landlynnommers gedurende spitstye maak, kan Cell C se familie- en vriende-opsie kostebesparend wees.
- Indien jou gemiddelde oproeptyd minder as 3 minute is en ʼn groot gedeelte van jou oproepe (±60%) is langer as ʼn minuut, is die per-sekonde-opsie gewoonlik goedkoper.
- Sms-kostes is hoog, en kan baie verminder word deur nuwe sagteware te gebruik, wat hierdie boodskappe as data deurstuur.
- Jy betaal dubbel vir enige internasionale oproepe, eers vir die selfoonnetwerk en dan vir die vastelynoperateur. Doen dit eerder direk deur ʼn vastelyn, of deur die internet.
Volgens my eie selfoonrekening van die afgelope paar maande is my gemiddelde oproeptyd 3:40 minute. Ek sou dus baie kan bespaar deur hierdie gemiddeld af te bring, en bewustelik te probeer om baie lang oproepe vinniger kort te knip.
Die tarief per sekonde is hoër as die tarief per minuut indien die oproep presies 1 minuut lank is. Die gelykbreekpunt tussen die twee opsies word bereik by 45 sekondes. Ongeveer 70% van my oproepe is korter as 45 sekondes, wat daartoe lei dat ʼn per-sekonde-tarief meer voordelig is vir my.
Nog maniere om jou selfoonrekening te verminder:
- Moenie enige oproepe na kliëntedienssentrums maak nie – beplan eerder om dit vanaf 'ʼn landlyn te doen.
- Maak soveel as moontlik gebruik van naweek-en buite-spitstyd vir alle oproepe na familie en vriende.
- Probeer om van Sms-boodskappe gebruik te maak in plaas daarvan om ʼn oproep te maak.
- Probeer om lang oproepe êrens kort te knip.
- As jou gemiddelde oproepkoste laer as 2 minute per oproep is, is dit die moeite werd om na 'ʼn vooruitbetaalde lugtydopsie te kyk – hiervolgens word lugtyd nou ook per sekonde verkoop (±6 sent/sekonde), wat ʼn redelike besparing teweeg kan bring.
- Kontrakte met gratis minute buite spitstye is nie effektief as jou selfoon meestal gebruik word gedurende besigheidsure nie.
- Selfoonmaatskappye verhaal die koste van gratis fone deur middel van hul kontrakfooie. As jy alreeds ʼn selfoon besit, kan dit moontlik goedkoper wees om vooruitbetaalde lugtyd te koop.
- ʼn Kombinasie van ʼn Telkomlyn, met gratis binnelandse oproepe oor naweke (±R150) en 'ʼn goedkoop selfoonkontrak of vooruitbetaalde lugtyd is 'ʼn goeie opsie om te oorweeg.
Terwyl ek hierdie ontleding gedoen het, het ek besef dat ek elke maand R33 betaal vir 'ʼn maandelikse bondel van 100 gratis Sms-boodskappe, wat ek nie altyd ten volle gebruik nie. Dit is dus die moeite werd om gereeld jou rekening na te gaan vir enige onverklaarbare kostes.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.