Die onlangse skeuring binne die ANC was te wagte. Die sogenaamde Young Lions, met behulp van die SAKP en Cosatu, het die binnekamers van ANC polities binnegedring en totale chaos veroorsaak. Dat dit goed was, is geensins te betwyfel nie. Ek dink baie min politieke ontleders het gedink dat ons demokrasie soos 'n reuse adrenalien inspuiting net 14 jaar vanaf ons eers demokratiese verkiesing sou kry.

Die ouer vrou wat voor my gestaan het, het nou op die bankie gaan sit en suig verveeld aan ‘n suigstokkie. Die een, wat nou heel voor in die ry staan, skel op haar in Tswana omdat sy nou in die ry verbygedruk het om daar te gaan sit. Sy skel ewe hard terug; ek lei af sy is moeg gestaan en sit net solank ‘n bietjie.