Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Die Solidariteit Beweging, wat Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en verskeie ander instellings insluit, het vandag in ʼn ope brief aan ABSA ʼn ultimatum gestel dat die vakbond sy rekeninge by die bank gaan sluit en sy lede gaan aanmoedig om dieselfde te doen indien Absa nie om verskoning vra en onderneem om nie weer op

Lees verder: Solidariteit stel ultimatum aan Absa

Belastingmelkkoeie gedoem deur NHI

Een van die grootste mites wat vir soetkoek opgevreet word, is dat blankes in Suid-Afrika kwansuis so ryk en welvarend is. Dis eenvoudig nie waar nie. Die groot gros blanke huishoudings se inkomste lyk in internasionale terme maar power. In die VSA is die amptelike armoede-vlak sowat $20,000 vir ‘n gesin van vier. ‘n Inkomste

Lees verder: Belastingmelkkoeie gedoem deur NHI

Die turksvy genaamd kwotas

Met die toetrede van me. Maria Ramos, Absa se uitvoerende hoof, oor inmenging in rugbyspanne se spankeuses, verdiep die kwotasage, eerder as wat dit uit die vaarwater begin beweeg. Ramos is boonop die eggenote van minister Trevor Manuel en laat, geregverdig of nie, die liggies van politiek helderder brand. Uit die mediaberigte kan die afleiding

Lees verder: Die turksvy genaamd kwotas

SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Die afgryslike omvang van renosterstropery in Suid-Afrika het nou ‘n ellelange artikel in die Nederlandse koerant, Trouw, opgelewer. Volgens die artikel byt daar nou elke 32 uur ‘n renoster in Suid-Afrika in die stof. By die artikel is ‘n grusame foto geplaas van ‘n renoster wat doodgeskiet is, en waarvan die neushoring in die kas

Lees verder: SA se renosterstropery grusaam in Nederland aan die kaak gestel

Behou Nelspruit se naam!

Die Vryheidsfront Plus ondersteun die landwye veldtog om die naam van Mbombela terug na Nelspruit te laat verander. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Finansies, het in ‘n verklaring gesê dat die party die Besigheidskamer van Nelspruit se protesaksie om Nelspruit se naam terug te laat verander van Mbombela af na Nelspruit, steun. Volgens

Lees verder: Behou Nelspruit se naam!

Absa moet begin eerlik raak

ABSA verwar tans rugby-ondersteuners en ABSA-kliënte met hulle verwarrende uitsprake oor rassekwotas in rugby. ‘n Bank se taak is eerder om te help met die ontwikkeling van opkomende sportmanne as om te probeer voorskryf hoe sportspanne gekies moet word. Mnr. Louis von Zeuner van ABSA het vandag tydens ‘n onderhoud op RSG nie ontken dat

Lees verder: Absa moet begin eerlik raak

Swart leering skop witte bewusteloos

Die Volksblad berig dat ‘n graadnegeleerling van die Orionskool in Welkom deur ‘n swart medeleerling bewusteloos geskop is terwyl hy op die grond lê. ‘n Klag van aanranding is by die polisie gelê. Die slagoffer is Norman Fourie (16)wat glo deur die 18-jarige swarte gevloek is, alvorens ‘n bakleiery uitgebreek het. ‘n Medeleerling het die

Lees verder: Swart leering skop witte bewusteloos

Geen werksetiek lei tot munisipale verval

“Die gebrek aan werksetiek en die blatante ignorering van statutêre voorskrifte deur munisipale amptenare is die grootste enkele rede vir die onaanvaarbare toestand waarin munisipaliteite in die Vrystaat hulle tans bevind,” het Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse leier van die Vryheidsfront Plus gesê. “Die Ouditeur-generaal se algemene verslag oor die uitkoms van die ouditering van

Lees verder: Geen werksetiek lei tot munisipale verval

Korrupte staatsamptenare dalk gebrandmerk

Die neem van omkoopgeld kan Russiese amptenare dalk binnekort gebrandmerk laat, letterlik. ‘n Voorstel om die linkerhande van skelm staatsamptenare te brandmerk is op die tafel om oorlog teen korrupsie te verklaar, het RIA Novosti Dinsdag berig. Aanvoerders van die Liberaal-Demokratiese Party wil die letter K – ‘n simbool vir ‘n omkoopbare werknemer – permanent

Lees verder: Korrupte staatsamptenare dalk gebrandmerk