Ons is gelukkig om in die moderne tyd te leef, nie waar nie? Ons is immers vry van bygelowe en belaglike vrese. Dit was nie altyd so nie. In antieke Griekeland was ene Hippasus die eerste om die bestaan van irrasionele getalle (byvoorbeeld pi of die vierkantswortel van 2) te bewys. Luidens die legende het Pythagoras-hulle egter dié kennis as so gevaarlik beskou dat hulle die arme Hippasus glo oorboord gegooi het en hom laat verdrink het.
Hippasus en die WNNR

Suid-Afrika se president Kgalema Motlnthe, het Maandag gewaarsku dat die dooiepunt in Zimbabwiese politiek die reeds sukkelende land verdere probleme op die hals kan haal, nadat hy nuwe samesprekinge aangekondig het om die gesprek in dié land weer aan die gang te kry.
09:05:20 Vandag begin die soveelste rondte "onderhandelings" tussen die Zimbabwiese opposisie en regering in Suid-Afrika. Vanuit die buiteland en veral die VSA het die druk op Mugabe om toegewings aan Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering te maak, toegeneem.