Namibië verbied SA-vleisinvoere

’n Algehele verbod op die invoer uit Suid-Afrika van enige lewende beeste, skape, bokke, of ander herkouers asook vleis en vleisprodukte afkomstig van dié diere weens vrese vir Slenkdalkoors, geld sedert Dinsdag in Namibië.  Die verwoestende uitbreking van dié gevreesde virussiekte wat reeds duisende stuks vee en die lewens van minstens twee mense in Suid-Afrika

Lees verder: Namibië verbied SA-vleisinvoere

Reserwebank verlaag rentekoers

Die Reserwebank het Donderdag rentekoerse met ‘n halwe persentasiepunt verlaag. Alhoewel die ekonomie stadige tekens van ‘n herstel in groei toon, is dit nog nie robuust genoeg om rentekoerse op huidige vlakke te hou nie, het die Reserwebank besluit. Die repokoers is van 7% tot 6,5% verlaag. Die prima-oortrekkingskoers van handelsbanke sal van 10,5% tot

Lees verder: Reserwebank verlaag rentekoers

Etiekdebat doodgebore

Die misdaad en veral geweldsmisdaad wat die land teister word dikwels toegeskryf aan ‘n morele verval. Iemand wat bloot honger is, sal byvoorbeeld nie ‘n luukse motor kaap en die bestuurder doodskiet bloot om kos vir hom en sy gesin te kry nie. Of boere op plase deur die slaapkamervensters skiet sonder om iets te

Lees verder: Etiekdebat doodgebore

Ernie wil nie oor Tiger praat nie

Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Ernie Els het weggeskram van sy beskrywing van Tiger Woods as “selfsugtig”, maar steeds die uitwerking wat die Woods-skandale op die sport én sy spelers het, beklemtoon. Els het op die vooraand van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi gesê sy uitlatings verlede maand was meer gemik op Woods se tydsberekening van sy openbare verskoning,

Lees verder: Ernie wil nie oor Tiger praat nie

Nuwe mensspesie ontdek

‘n Nuwe mensspesie is in Rusland ontdek nadat DNS-toetse op ‘n vingerbeen gedoen is. Die been is in Siberië opgegrawe, het wetenskaplikes in Duitsland Woensdag gesê. Die mens, wat omtrent 30 000 jaar gelede geleef het, het nie aan die Homo sapiens-spesie behoort nie – die enigste vorm van menslike lewe vandag. Die persoon was

Lees verder: Nuwe mensspesie ontdek

PRAAG vertaal Disqus in Afrikaans

PRAAG het ‘n rukkie gelede die internasionale kommentaarstelsel vir webwerwe, Disqus, in Afrikaans vertaal. Van gisteraand af is die eerste Afrikaanse weergawe van Disqus lewendig op praag.co.za. “PRAAG stel hom ten doel om Afrikaans sover moontlik op die internet te bevorder. Ons het aanvanklik Disqus in die Nederlandse weergawe op ons webwerf gebruik, maar toe

Lees verder: PRAAG vertaal Disqus in Afrikaans

Bejaardes ernstig beseer in jongste plaasaanval

’n Bejaarde egpaar van Nelspruit is ernstig beseer in die jongste plaasaanval. Tina Muller (82) is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal met ernstige hoofbeserings, terwyl haar man, Steward Jonker (81), ’n eiendomsagent, ook ernstig beseer is. Die twee is waarskynlik in die nag in hul huis op die Ooswes-boerdery in die Sterkspruit-omgewing aangerand.

Lees verder: Bejaardes ernstig beseer in jongste plaasaanval

Gorillas toenemend bedreig

‘n Vorige studie wat in 2002 voltooi is het getoon dat slegs 10% van die gorilla-bevolking teen 2030 nog sal leef. Maar volgens die skrywer van die nuutste verslag wil dit blyk of dié syfers nog meer sal afneem. “Ons vrees nou dat gorillas binne die volgende 15 jaar in meeste dele heeltemal uitgewis sal

Lees verder: Gorillas toenemend bedreig