Daar is ‘n paar dinge waarmee die inwoners van die landstreek Suid-Afrika kampioene is. Ek kan diegene wat per ongeluk die geografiese gebied Suid-Afrika deel, nie Suid-Afrikaners noem nie, siende hoe die ANC by monde van Butana Khompela en sy LP’s dit duidelik maak dat daar geen Suid-Afrikaanse volk bestaan nie. Daar is vir die
Kopskuif sal Afrika voedsel-selfonderhoudend maak
“In 1960 het Afrika 8% bygedra tot die wêreld se landbouproduksie, vandag is dit slegs 2%. Berekende vennootskappe tussen regerings en die privaatsektor, universiteite, georganiseerde landbou en burgerlike organisasies is nodig om landbou weer winsgewend in Afrika te kry,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Lilongwe, Malawi gesê. Dr.
Lees verder: Kopskuif sal Afrika voedsel-selfonderhoudend maak
Nuwe era met Henry Jeffreys New Age
Die nuus dat Henry Jeffreys, tot onlangs redakteur van Die Burger, die nuwe redakteur van die New Age gaan word, sal deur skeptici met valkoë dopgehou word. Hoewel Jeffreys met sy aanstelling aangedui het dat die nuwe koerant “‘n unieke en onafhanklike geleentheid aan lesers van dagblaaie bied” sal min mense sy verwysing na die
SA se verslag oor tronkmishandeling nog nie ingedien
Suid-Afrika se verslag oor sy verbintenis tot die beëindiging van marteling en ander vorme van mishandeling in polisieselle en korrektiewe instellings, is nog steeds nie afgehandel nie. Suid-Afrika is een van die 82 lande wie se verslae laat ingedien is. Die land het die Verenigde Nasies se Konvensie teen marteling in 1998 onderteken, maar dit
Lees verder: SA se verslag oor tronkmishandeling nog nie ingedien
Aksieplan met China onderteken
‘n Landbou-ooreenkoms en gesamentlike Aksieplan is gister in Pretoria tussen die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landbou van die Chinese Volksrepubliek onderteken. Dit het gevolg na ‘n bilaterale gesprek gister tussen dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en mnr. Wei Chaoan, Senior Vise-Minister van die Chinese
Petrus se dilemma
how to starttopcargo
Ekonomie
Die sterkte van ‘n ekonomie word bepaal deur die norm wat daarvoor aangewend word. Met die VSA en Sjina wat nou kop aan kop trek wat die grootste ekonomie ter wêreld betref, is daar steeds geen ooreenkoms in die gemiddelde per capita inkomste nie. Die gemiddelde Amerikaner kan ‘n taamlike gemaklike lewe bekostig. Dis net
Landdroshof in brand verwoes
Die dak van die ou Pretoriase landdroshof het inmekaargetuimel terwyl brandweerdienste Woensdag steeds onverpoos gewerk het om die vlamme te blus. Die gebou moes dadelik ontruim word. Volgens Johan Pieterse, woordvoerder vir die Pretoria-nooddienste, het die brand omstreeks 13:45 begin. Teen 17:00 was die boonste vloer van die gebou heeltemal verwoes. Rookwolke het oor die
Wit Zimboer geskiet
Een van die oorblywende wit boere in Zimbabwe, Kobus Joubert, is tydens ‘n rooftog op sy plaas wes van Harare doodgeskiet. Die 67-jarige Joubert was ‘n voormalige president van Zimbabwe se tabakvereniging. Die adjunkpresident van die kommersiële boere-unie – die CFU – Charles Taffs, sê die moord is ‘n aanduiding van die vyandige omgewing waarmee
Boer wreed vermoor, vrou oorleef
‘n Boer is Dinsdagaand vermoor in sy huis op sy plaas naby Warden. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop is na bewering herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek. Sy vrou Marie (55) het die voorval oorleef maar moes vir skok behandel word. Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het die
