Dr. Mulder het gepraat by die konferensie van landbou-ministers van Afrika wat deur die Afrika Unie oor voedselsekerheid in Malawi aangebied word. Dr. Mulder lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die konferensie.
“Jaarliks voer Afrika $22 miljard se voedsel vanaf ander kontinente in. Met ‘n berekende kopskuif kan Afrika selfonderhoudend raak wat voedsel betref. Maar dan moet Afrika-leiers aanvaar dat landbou nie ‘n welsynsaktiwiteit van die staat is nie, maar ‘n sake-onderneming wat winsgewend moet wees,” het dr. Mulder bygevoeg.
Die konferensie is gereël na aanleiding van dr. Bingu Wa Mutharika, president van Malawi en voorsitter van die Afrika Unie se oproep dat “geen kind in Afrika oor vyf jaar honger bed toe moet gaan nie”. Dr. Mutharika het hierdie oproep Februarie vanjaar, tydens die veertiende sitting van Afrika-staatshoofde in Addis Abeba, gedoen.
Die ministerskonferensie in Malawi duur nog tot Saterdag.
