Forest Gump kon die presiese dag – sy eerste skooldag – onthou wat hy die “soetste, die allerpragtigste naam in die hele wye wêreld” gehoor het: Jenny. Daar is min ooreenkomste tussen Forest Gump en Charles Nqakula, wat die ironiese en komieklike titel van minister van veiligheid en sekuriteit het, behalwe hulle verstandelike vermoëns. (Ek skat Forest Gump, die funksionele idioot met die sub-70 IK, is in die breinreisies net so ‘n kortkop voor Nqakula.) Die een eienskap wat hulle wél deel is hulle dolle verliefdheid. Forest het sy Jenny en Charles sy Apartheid.
Dit is onmoontlik om te sê wanneer Charles dié woord, vir hóm sekerlik “die soetste, die allerpragtigste naam in die hele wêreld” gehoor het. Dit help ook nie om vir hom te vra nie. Hy kan dan terselfdertyd die naam van die veiligheidsminister wat hom verban het onthou en nié onthou nie. Ek dink dit is akkuraat genoeg om te sê dat daar nie ‘n tyd in sy lewe is wat hy nie die wondernaam geken het nie. Jenny se teenwoordigheid en selfs net die verklanking van haar naam het Forest se bestaan opgehelder. En Nqakula? Nou ja, vir hom maak Apartheid alles reg.

Lees verder: Apartheid maak alles reg