Sedert die ANC die bewind in 1994 oorgeneem het, het hulle elke denkbare instelling waarop hulle hul hande kon lê, finansieel geplunder. Die maklikste teiken was die ongeveer 27 beheerrade wat ingestel is ingevolge die bepalings van die Bemarkingswet. Die rade is bloot afgeskaf en die geboue wat die beheerrade opgerig het, is eenvoudig gestroop, daarna óf verkoop óf vir die ANC se doeleindes aangewend.
Elke beheerraad het oor aansienlike fondse beskik; die stabilisasiefonds van die mielieraad het byvoorbeeld op miljoene rande te staan gekom. So ook die koring-, suiwel- en al die ander rade. Die ANC het dit gedoen onder die voorwendsel dat hul landboubeleid op vraag en aanbod gegrond is en dat geen beheer gevolglik nodig is nie. Daar was sodoende geen beplanning of reserwefondse om in die geval van ‘n krisis soos ‘n droogte of oorstromings en dies meer, ten behoewe van die boere aan te wend nie.

Lees verder: Wil die ANC boer ?n rugby speel?