Duitse generaal se kierangs braai

Image

Vryer Viereck

‘n Duitse generaal wat eers as ‘n "harde hond" onder sy manne bekendgestaan het, se kapperjolle mag hom sy posisie kos. Karlheinz Viereck, wat berug is daarvoor dat hy nie graag klagtes van sy ondergeskiktes aanhoor nie, het intussen self vir ‘n paar besware gesorg. Genl. Viereck was die bevelvoerder van die EUFOR-sending na die DRK wat daarop gemik was om vrede in die land tydens die afgelope verkiesings te waarborg.

Viereck het aan die internasionale media by die Memling Hotel in Kinshasa met die aanvang van die missie beklemtoon dat die Duitse soldate nie sal huiwer om te skiet nie en dat hulle die nodige militêre steun sal verskaf om die mandaat uit te voer. Die spesiale gesant van die EU het by dieselfde geleentheid gesê dat die DRK se verkiesings as ‘n baken van demokrasie in Afrika gesien sal word. Toe skermutdselinge in Augustus 2006 tussen die Kabila- en Bemba-faksie uitbreek en diplomate in die spervuur vasgekeer word, was die generaal ongelukkig nêrens te vinde nie.

 
Die generaal beweer dat hy wel mbv sy skootrekenaar in verbinding met sy troepe was. Hyself en die skootrekenaar was egter in Stockholm waar hy en sy vriendin, ‘n Sweedse diplomaat, ‘n lekker romantiese vakansie gehou het. Van "harde hond" het die bevelvoerder gevorder na wat die Duitsers ‘n Etappenhengst noem. Die Amerikaners praat dikwels van só ‘n persoon as ‘n chickenhawk, ‘n bangbroek vol bravade.
Nadat hy ‘n verbale afrantseling moes verduur en gewaarsku is oor sy versuim in die DRK in ‘n interne dissiplinêre verhoor, het die generaal blykbaar nogtans nie veel geleer uit die ondervinding nie. "Generaal Skootrekenaar" is tans vernoem na "Generaal Vraghouer". Hy het kort gelede weer sy Sweedse vriendin in Noord-Afghanistan onthaal op die onkoste van die Bundeswehr.

Dat die toestande lewensgevaarlik geraak het, het Viereck nie verhoed om die groen lig vir sy geliefde se besoek te gee nie. In teenstelling met Duitse regeringsamptenare en politici wat geweier word om by Duitse soldate aan te doen, het die Sweedse diplomaat diens, beskerming en versorging geniet. Die kiesers kan kwalik tevrede wees met die jongste kuiertjie omdat die Bundeswehr se verpligtinge die belastingbetaler reeds miljoene te veel uit die sak jaag.

Daarbenewens is die toestande in Afghanistan uiters moeilik vir die soldate. In Masar-i-Sjarif is die toestande nie net lewensgevaarlik nie, maar besonder ongerieflik. Almal moet maar meet en pas om in die versengende hitte van 40 grade by hul begrotings te hou en die manskappe waardeer die voorbeeld wat hul bevelvoerders stel in dié verband. Kennelik staan genl. Viereck tans voor ‘n loopbaanbeslissing wat hom duur te staan gaan kom.

купить палаткуФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae