In die Duitse deelstaat Sakse het die sogenaamde ekstreemregse party, die NPD, die sosialistiese SPD van eertydse Kanselier Gerhard Schroeder verbygesteek in ‘n meningspeiling. Dié peiling het 1130 burgers tussen 20 Augustus en 4 September 2007 gevra vir wie hulle sou stem indien ‘n deelstaatverkiesing komende Sondag sou plaasvind.
Die NPD sal dan 9% van stemme trek terwyl die SPD net 8% kon behaal. Die NPD (Nationaldemokratische Partei Deutschlands) is ‘n nasionalistiese party en word dikwels in die media as "Nazi’s" beskryf. In twee van die nuwe deelstate, Sakse en Mekelenborg-Voorpommere, het die NPD reeds ‘n indruk by die stembus gelaat. In nasionale verkiesings sou die NPD egter net 5% van die stemme verkry.
