Ekstreemregses steek Duitse SPD verby

Image

NPD-optog in Dresden

In die Duitse deelstaat Sakse het die sogenaamde ekstreemregse party, die NPD, die sosialistiese SPD van eertydse Kanselier Gerhard Schroeder verbygesteek in ‘n meningspeiling. Dié peiling het 1130 burgers tussen 20 Augustus en 4 September 2007 gevra vir wie hulle sou stem indien ‘n deelstaatverkiesing komende Sondag sou plaasvind.

Die NPD sal dan 9% van stemme trek terwyl die SPD net 8% kon behaal. Die NPD (Nationaldemokratische Partei Deutschlands) is ‘n nasionalistiese party en word dikwels in die media as "Nazi’s" beskryf. In twee van die nuwe deelstate, Sakse en Mekelenborg-Voorpommere, het die NPD reeds ‘n indruk by die stembus gelaat. In nasionale verkiesings sou die NPD egter net 5% van die stemme verkry.

Behalwe dat die NPD teen immigrasie gekant is, wil die party ook nie sien dat Turkye tot die EU toegelaat word nie. Hulle kla verder dat Duitsland se bydraes aan die EU te hoog is en afgeskaal behoort te word. Hoë werkloosheid en ‘n ongunstige demografiese profiel in die ooste word algemeen vir die opkoms van die party verkwalik.

Die sterkste party is die CSU met 39%. Linkse partye sou 27% van die kiesers oortuig en die Groen-party 5%. ‘n Televisiekanaal het die peiling aangevra. Deelstate in die ooste van Duitsland was onlangs weer in die nuus nadat immigrante deur Duitsers aangerand is. Dit het gister aan die lig gekom dat ‘n Indiër in Mügeln ‘n Duitser met ‘n gebreekte bottel verwond het tydens die rasse-onluste daar.

Marktлобановский александр дети