Ondanks ’n ooreenkoms wat verlede jaar met Fifa aangegaan is, wat bepaal dat Nelspruit se naam nie voor die Wêreldbekersokkertoernooi volgende jaar sal verander word nie, is die slag nou gelewer. Nelspruit gaan voortaan Mbombela heet, Belfast sal eMakhazeni genoem word, Waterval-Boven word Emgwenya en Machadodorp gaan as eNtokozweni bekend staan. Dié nuus is Vrydag
Geen wenner in Afrika-leierskapprys van $5m nie
CNN berig dat ‘n prys vir goeie leierskap ter waarde van $5 miljoen op dramatiese wyse Maandag aan… niemand toegeken is nie. Dit was die eerste keer in die drie jaar oue geskiedenis van die Mo Ibrahim-prys, dat die komitee nie ‘n wenner aangekondig het nie. “Die pryskomitee het ‘n paar geloofwaardige kandidate in aanmerking
Lees verder: Geen wenner in Afrika-leierskapprys van $5m nie
Pretoria se treine staan agv voortslepende geweld
Metrorail se treindienste tussen Pienaarspoort- en Greenviewstasie in Pretoria sal opgeskort word mits treingeweld nie binnekort gestaak word nie, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, gesê. “Voorvalle is aangemeld van wettelose groepe pendelaars wat die treindrywer met gewere dwing om ongeskeduleerd na Pienaarspoort te ry,” lees ‘n Prasa-risikoverslag. Prasa se uitvoerende hoof, Lucky Montana, het
Lees verder: Pretoria se treine staan agv voortslepende geweld
Bendegeweld teister Brasilië
Brasilië se president het Maandag belowe om dwelmhandelaars die stryd aan te sê na ‘n naweek van chaos waarin 21 mense in Rio de Janeiro dood is, slegs twee weke nadat die stad die bod vir die 2016 Olimpiese Spele gewen het. “Ons sal alles doen wat nodig is en alle nodige opofferings maak sodat
Drieverdiepinggebou in Nairobi stort ineen
Volgens ‘n polisieamptenaar in Kenia is ‘n onbekende getal mense vasgekeer in die puin van ‘n drieverdiepinggebou wat in die hoofstad Nairobi inmekaargestort het. Maandag se voorval kom skaars ‘n week nadat die Kenia Architectural Association ‘n verslag uitgereik het waarin hulle gesê het dat 65% van die geboue in die land nie aan die
‘Onwettige immigrant’-kostuum maak opslae in VSA
Menseregtegroepe wat hulle vir immigrante in Amerika beywer is ontsteld oor ‘n Halloween-kostuum wat ‘n onwettige immigrant met ‘n masker van ‘n buiteaardse wese toon. Die kostuum is oranje met die woorde “illegal alien” daarop geskryf en ‘n Halloween-grapjas word ook van ‘n “groen kaart” wat verblyfreg in die VSA verleen daarby voorsien. Volgens immigrantegroepe
Lees verder: ‘Onwettige immigrant’-kostuum maak opslae in VSA
Bafana pos hul afrigter
Daar is slegs 235 dae voordat die Wêreldbekersokkertoernooi afskop, en Suid-Afrika se sokkerspan sit sonder ‘n afrigter. Die Brasiliaan Joel Santana het die trekpas gekry vir Bafana Bafana se ellendige vertonings waarin hulle agt van hul laaste nege wedstryde verloor het. Die hulpafrigters Jairo Leal en Pitso Mosimane dien tans as waarnemende afrigters. Ten spyte
Reitzklag nie laat vaar, sê Jansen
Die klagtes teen vier studente van die Universiteit van die Vrystaat oor ‘n rassistiese video-opname is nie teruggetrek nie, het Jonathan Jansen, die universiteit se rektor, Maandag gesê. “Dit moet duidelik gemaak word,” het hy in ‘n nagverklaring gesê. “Drie prosesse is onderweg en hulle moenie verwar word nie.” Volgens hom staan die klagtes deur
Paarl Media nie aandadig aan brand
Die brand by ‘n maatskappy wat die boeke-aanleg in April in die Paarl verswelg het en die dood van 11 werkers veroorsaak het was deur ‘n diepbraaier in ‘n kombuis veroorsaak, het Paarl Media Maandag gesê. “Die mees waarskynlike oorsaak van die brand blyk om kookolie te wees wat in die kafeteria aan die brand
Button nuwe F1-wêreldkampioen!
Die Britse renjaer Jenson Button het uiteindelik ná amper 10 jaar se probeerslae die bestuurderswêreldtitel ingepalm. Die Brasiliaanse formule-eenwedren het sommer van die tweede rondte af vonke laat spat. Rubens Barichello het van die voorpunt af weggespring en mooi uit die moeilikheid uit gebly tot amper aan die einde. Nie net het hy met spoed
