‘Onwettige immigrant’-kostuum maak opslae in VSA

Menseregtegroepe wat hulle vir immigrante in Amerika beywer is ontsteld oor ‘n Halloween-kostuum wat ‘n onwettige immigrant met ‘n masker van ‘n buiteaardse wese toon. Die kostuum is oranje met die woorde “illegal alien” daarop geskryf en ‘n Halloween-grapjas word ook van ‘n “groen kaart” wat verblyfreg in die VSA verleen daarby voorsien.

Volgens immigrantegroepe “gee die kostuum aanstoot”. Angelica Sala, die uitvoerende direkteur van die Koalisie vir Menslike Immigranteregte in Los Angeles, het e-posse aan die Target-winkelgroep in Minneapolis asook die BuySeasons-maatskappy in Wisconsin geskryf waarin sy die kostuum as “onsmaaklik, venynig en ongevoelig teenoor die sosiale stigmas en huidige debat oor immigrasiehervorming” beskryf.

Die groep het gesê dat hy ook beplan om briewe te skryf aan ander maatskappye wat die kostuum verkoop.

Lizette Olmos, die nasionale kommunikasiedirekteur van die Liga vir Verenigde Latyns-Amerikaanse Burgers, het die kostuum “regtig onstellend” genoem, het die Minnepolis Star Tribune berig.

Target gaan die kostuum van sy webwerf verwyder nadat verskeie klagtes ontvang is, het die maatskappy se woordvoerder Joshua Thomas Vrydag gesê. Die winkel het nooit bedoel om die kostuum te verkoop nie maar het dit per ongeluk by sy aanlynprodukte ingesluit, het hy gesê.

‘n E-pos aan BuySeasons is Vrydag nie onmiddellik beantwoord nie.

обувь для тенниса большоголобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae