Drieverdiepinggebou in Nairobi stort ineen

Volgens ‘n polisieamptenaar in Kenia is ‘n onbekende getal mense vasgekeer in die puin van ‘n drieverdiepinggebou wat in die hoofstad Nairobi inmekaargestort het.

Maandag se voorval kom skaars ‘n week nadat die Kenia Architectural Association ‘n verslag uitgereik het waarin hulle gesê het dat 65% van die geboue in die land nie aan die vereiste standaarde voldoen nie.

Volgens Samuel Mukindia is 13 mense al sover gered, waarvan drie in ‘n kritieke toestand verkeer. Talle ander is nog onder die puin vasgekeer.

‘n Verslaggewer van die Associated Press kon dele van ‘n vrou se liggaam onder die puin sien uitsteek en ‘n man wat uitgehaal is het gesê dat daar ‘n hele klomp mense in die kamer langs hom was.

Geboue wat inmekaarstort is algemeen in Afrika.

Korrupte amptenare, boumateriaal wat nie op standaard is nie, gebrekkige beplanning en ontwerp asook swak vakmanskap is dikwels die oorsake van die rampe.

 

лампы дляДанильченко Юрий прокурор