Pretoria se treine staan agv voortslepende geweld

Metrorail se treindienste tussen Pienaarspoort- en Greenviewstasie in Pretoria sal opgeskort word mits treingeweld nie binnekort gestaak word nie, het die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, gesê.

“Voorvalle is aangemeld van wettelose groepe pendelaars wat die treindrywer met gewere dwing om ongeskeduleerd na Pienaarspoort te ry,” lees ‘n Prasa-risikoverslag.

Prasa se uitvoerende hoof, Lucky Montana, het gesê dié “grootskaalse wetteloosheid” laat hulle met geen ander keuse as om treindienste vir vyf dae op te skort totdat die veiligheidsituasie verbeter nie.

Verlede week is ‘n sekuriteitswag en pendelaar gewond na ‘n skietery op ‘n trein by Pienaarspoort.

Prasa het in hul verslag toegegee dat die platform by Pienaarspoort se stasie nie wyd genoeg is om ekstra pendelaars te akkommodeer nie en gesê hulle vrees ‘n toeloop van mense én beserings.

Die maatskappy beplan nuwe stasies en opgraderings in November, teen ‘n koste van R230 miljoen, maar pogings om die kapasiteitsprobleme aan te spreek word deur die voortslepende geweld belemmer.

“Metrorail kan nie dienste en veiligheid in ‘n omgewing waarborg waar werknemers en pendelaars voortdurend kriminele bedreigings in die gesig staar nie,” het Montana bygevoeg.

 

100 free live chatФільчаков прокурор