SA-reserviste dalk in Mali, DRK ontplooi

Burgerlikes wat militêre opleiding ondergaan het, kan binnekort vir aktiewe diens opgeroep word en potensieel in dodelike vredeshandhawingsoperasies ontplooi word. Die Suid-Afrikaanse weermag – reeds deur vredehandhawingsontplooiings regoor die kontinent oorlaai – is besig om voor te berei vir die ontplooiing van honderde bykomende troepe, met inbegrip van burgerlike reserviste, vir vredemissies. Daar is sowat

Lees verder: SA-reserviste dalk in Mali, DRK ontplooi

SEB werk nie, sê Phosa

Die tesourier-generaal van die ANC, Matthews Phosa, het Donderdag gesê die Marikana-tragedie het die wanfunksionering van die bestaande model van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) ontbloot. Phosa het by die eerste Max Maisela-gedenklesing by die Monash-universiteit in Johannesburg ‘n toespraak gelewer. “Marikana het ons geleer… ons model vir SEB is disfunksioneel, en dat ons kreatief moet

Lees verder: SEB werk nie, sê Phosa

Maatskaplike toelaes styg

Oor die volgende drie jaar sal nog ‘n miljoen Suid-Afrikaners op maatskaplike toelaes begin staatmaak vir ‘n inkomste, het Pravin Gordhan, die minister van finansies, gesê. Gordhan het in sy mediumtermyn-begrotingsoorsig in die parlement gesê die aantal mense wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, sal teen 2015/16 styg tot 17,3 miljoen. Tans ontvang 16,1 miljoen

Lees verder: Maatskaplike toelaes styg

Landbou verseker stabiliteit

“‘n Sterk landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese en politieke stabiliteit in Suid-Afrika. In hierdie verband vra ons regeringsleiers vir politieke en eknomiese sekerheid, spesifiek ten opsigte van die landboubedryf. Ons het ‘n omgewing nodig wat bevorderlik is vir gesonde publieke-privaat vennootskappe en wat die lewensvatbaarheid van beleggins bevorder. Publieke-privaat samewerking is die enigste wyse waardeur

Lees verder: Landbou verseker stabiliteit

Smelt Afrikaanse skole saam

“Indien die samesmelting van skole in sekere gevalle die toekoms van Afrikaanse skole kan verseker, moet dit as uitweg oorweeg word”, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng en leier van die party in die provinsie. Dit volg nadat drie Afrikaanse laerskole in die Germiston-omgewing deur die departement van onderwys in kennis gestel

Lees verder: Smelt Afrikaanse skole saam

Visserye se patrolliebote nie een op see

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het erken dat nie een van die patrolliebote of navorsingskepe, wat aan die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye behoort, en nou deur die SA Vloot bedryf word, operasioneel is nie. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in

Lees verder: Visserye se patrolliebote nie een op see

Skoolkinders loop deur onder rowers

Nie net Kempies en Impala se leerlinge loop deur nie, maar ook dié van Sir Pierre en Rhodesfield. Skoolkinders word steeds elke week van selfone, geld en selfs fietse beroof. Dit het aan die lig gekom nadat ‘n leerling (13) van Laerskool Impala verlede week Dinsdag deurgeloop het. Die seun se ma sê haar seun

Lees verder: Skoolkinders loop deur onder rowers

Staalreus vas vir besoedeling

Beeld berig dat die Groen Skerpioene op ArcelorMittal se aanleg in Vanderbijlpark toegeslaan het weens erge lugbesoedeling wat daarop dui dat hulle hul lisensievoorwaardes oortree. Tsepiso Shuenyane, woordvoerder van die Gautengse departement van landbou en landelike ontwikkeling, het bevestig dat dié departement se wetstoepassers Maandag op die aanleg toegeslaan het. Die departement het Arce­lorMittal gewaarsku

Lees verder: Staalreus vas vir besoedeling

Oproer in Lichtenburg, Nelspruit dalk sonder krag

Veertien mense is Woensdag tydens ‘n betoging buite die munispale kantore in Lichtenburg in hegtenis geneem, het die polisie in die Noordwes gesê. Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het gesê die betogers het geëis dat kontrakwerkers permanent aangestel word. Die 14 mense sal Donderdag op aanklag van openbare geweld in die Lichtenburg-landdroshof verskyn. Intussen kan inwoners

Lees verder: Oproer in Lichtenburg, Nelspruit dalk sonder krag