Dit is nie net die nuuswaardighede van 2009 wat groot of prominente nuus was, wat ‘n invloed op 2010 gaan hê nie. Sommige groot nuusgebeure soos die 2009-verkiesing en die optrede van Angus Buchan het wél ‘n momentum met ‘n sleureffek. Sommige van hierdie sleureffekte is positief, ander kan baie afbrekend wees soos die buitelandse
Rusland se bevolking styg
Rusland se bevolking sal hierdie jaar vir die eerste keer sedert die val van die Sowjet-unie ‘n styging toon. “Ons kan met vertroue sê die Russiese bevolking het hierdie jaar gegroei,” het die land se premier, Wladimir Poetin, tydens die regering se jaarafsluitingstoespraak op staatstelevisie gesê. Volgens Poetin sou statistiek wat die groei bevestig, later
Onluste eis 35 in Nigerië
Gevegte tussen Islamitiese militante en veiligheidsmagte in die noorde van Nigerië het tot die dood van ten minste 35 mense gelei. Volgens Mohammed Barau, polisiewoordvoerder van die Bauchi-staat, het lede van die Kata Kalo-sekte onder mekaar begin baklei en die blaam vir hulle leier se ernstige siektetoestand op mekaar gelê. Hy het ook aangevoer dat
Polisieman verkrag meisie
‘n 41-jarige polisieman sal in die landdroshof in Jansenville verskyn nadat hy vermoedelik ‘n 15-jarige meisie aangerand en verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. Inspekteur Gerry van Rooyen het gesê die meisie het ‘n kroeg in Jansenville op 27 Desember saam met die polisieman verlaat. Hy het haar toe na ‘n nabygeleë rugbyveld
Loop die staatskoffers leeg?
Nou ja, daar het ons dit nou! Jacob Zuma, die president van Suid Afrika, trou met sy vyfde vrou op Nuwejaar. Die 5000 genooide bruilofgaste en die inwoners van die Nxamalalastamgebied waar mnr Zuma woon, is tradisioneel ook welkom by die geleentheid. Die bruilof gaan vermoedelik ‘n astronomiese bedrag kos, vir die rekening van die
Suid-Afrika sak weens politieke keuses uit
Engeland het die Proteas Woensdag met ’n beurt en 98 lopies vernietig in die tweede kriekettoets op Kingsmead in Durban. Engeland loop nou met 1-0 voor in die reeks van vier. Graeme Smith het erken dat Suid-Afrika besonder swak gevaar het en dat hulle hul sokkies sal moet optrek as hulle die reeks wil wen.
Dring aan op moedertaalonderrig
AfriForum het ʼn beroep op ouers gedoen om hulle kinders in die komende jaar in skole te sit waar hulle in hulle moedertaal onderrig kan word. Ouers word ook deur AfriForum versoek om in ʼn toenemende mate druk op die regering te plaas om moedertaalonderrig te voorsien in gevalle waar dit nie reeds beskikbaar is
‘n Ope brief aan Max du Preez
Aangesien jou nuwe boek Dwars eersdaags weer al jou aanhangers gaande gaan hê oor jou briljante joernalistiek, sal ek graag die volgende onder jou aandag wil bring. Ek is van die ou soort wat nog glo aan die audi alterem partem -reël – jy weet seker ‘n ander ou het ook die reg op sy
Verkeersbeamptes vas vir poging tot moord
Twee verkeersbeamptes van Mpumalanga het voor die hof in Delmas verskyn op aanklag van poging tot moord. Robert Sekgoane en Simon Mathe, albei 31, is op borgtog van R500 vrygelaat . Hulle saak is tot die 16de Februarie uitgestel. Sekgoane het na bewering op Kersdag ‘n man in die been geskiet in Msimangostraat naby Delmas.
Padslagting
{jathumbnail off} Die persepsie bestaan dikwels dat padslagtings iets is wat tot die Kers- en Paastydperke beperk is. Sedert die begin van Desember vanjaar is byvoorbeeld reeds meer as 900 mense op die land se paaie dood. Dit lyk asof die sterftesyfer hoër as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar sal wees. Die perspektief verander egter