Verkeersbeamptes vas vir poging tot moord

Twee verkeersbeamptes van Mpumalanga het voor die hof in Delmas verskyn op aanklag van poging tot moord.

Robert Sekgoane en Simon Mathe, albei 31, is op borgtog van R500 vrygelaat .

Hulle saak is tot die 16de Februarie uitgestel.

Sekgoane het na bewering op Kersdag ‘n man in die been geskiet in Msimangostraat naby Delmas.

Mathe het kort daarna dieselfde geweer gebruik om aan die skiet te gaan sonder ‘n spesifieke teiken.

Hy het ‘n ander persoon in die proses beseer.

Die twee mans het hulself aan die polisie in Delmas oorgegee.

Daar bestaan reeds ‘n saak van aanranding teen Sekgoane terwyl Mathe nog op ‘n aanklag van onsedelike aanranding moet reageer.

 

26прокурор Фильчаков