Verkeershoof se bende voor

Sewe lede van ‘n sindikaat – wat die verkeershoof en drie verkeersbeamptes van De Aar insluit – is vandag op borgtog vrygelaat.

Die verdagtes – Desmond Mjandana, Stoffel Khabaliso, Janie Johannes, Puleng Mokhethi, Mandisa Mqwebedu, Simon Vywers en Xolile Stonga staan tereg op klagtes van bedrog, korrupsie, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, oortreding van die Padverskeerswet en die uitreiking van valse bestuurslisensies.

Polisiewoordvoerder, Brigadier Mochologi-Maleeme, sê die sindikaat het na bewering onwettige bestuurslisensies en padwaardigheidsertifikate vir vermoedelik gesteelde voertuie aan die publiek verkoop.

Daar is ook op die verdgates se voertuie beslag gelê.

Dit is die tweede keer dat die verkeershoof in verband met soortgelyke klagtes in die hof verskyn. Hy is ook in 2008 aangekla, maar is onskuldig bevind.

Die verkeersbeamptes is op R2500 en die res op R1000 borgtog vrygelaat. Die saak is tot 4 Augustus uitgestel.

Twee verkeersbeamptes geskiet

Twee verkeersbeamptes is Donderdagaand by Heidelberg in Gauteng geskiet.

Die Gautengse polisie het Vrydag die publiek se hulp gevra om die aanvallers vas te trek.

Kaptein Thivhulawi Tshilate gesê die twee, 46 en 52, was besig om die R550 te patrolleer toe ‘n wit Volkswagen Golf hulle verbygesteek het op ‘n versperringslyn.

Die beamptes wou die oorteder stop, maar die bestuurder het weggejaag.

“Die verkeersbeamptes het hom agternagesit en … een van die insittendes van die verdagte se voertuig het deur die venster verskeie skote na die verkeersbeamptes begin skiet uit die voertuig met ‘n geweer,” het Tshilate gesê.

“Albei verkeersbeamptes … het ernstige beserings opgedoen en (is) na die hospitaal vir mediese behandeling geneem.”

Ses koeëls het die voertuig getref.

Dit is nie bekend wie hulle aanvallers is nie. Die polisie het die publiek gevra om die Heidelbergpolisie te kontak indien hulle enige inligting oor die voorval het.

‘n Saak van poging tot moord is geopen.

Verkeersbeamptes vas vir poging tot moord

Twee verkeersbeamptes van Mpumalanga het voor die hof in Delmas verskyn op aanklag van poging tot moord.

Robert Sekgoane en Simon Mathe, albei 31, is op borgtog van R500 vrygelaat .

Hulle saak is tot die 16de Februarie uitgestel.

Sekgoane het na bewering op Kersdag ‘n man in die been geskiet in Msimangostraat naby Delmas.

Mathe het kort daarna dieselfde geweer gebruik om aan die skiet te gaan sonder ‘n spesifieke teiken.

Hy het ‘n ander persoon in die proses beseer.

Die twee mans het hulself aan die polisie in Delmas oorgegee.

Daar bestaan reeds ‘n saak van aanranding teen Sekgoane terwyl Mathe nog op ‘n aanklag van onsedelike aanranding moet reageer.

 

26прокурор Фильчаков