Polisieman verkrag meisie

‘n 41-jarige polisieman sal in die landdroshof in Jansenville verskyn nadat hy vermoedelik ‘n 15-jarige meisie aangerand en verkrag het, het polisie in die Oos-Kaap gesê.

Inspekteur Gerry van Rooyen het gesê die meisie het ‘n kroeg in Jansenville op 27 Desember saam met die polisieman verlaat.

Hy het haar toe na ‘n nabygeleë rugbyveld geneem en na bewering verkrag en ernstig aangerand.

Die polisieman, ‘n inspekteur, is by die Jansenville-polisiestasie gestasioneer.

 

сауна купитьлобановский класс