Ratte en ander van ‘dwelmhandel en diefstal’ aangekla

Oud-kmdt. Willem Ratte en nege ander wat verlede Donderdag in hegtenis geneem is, is aanvanklik sonder verhoor aangehou. Die staat het sy vroeëre bewerings van terreur en die besit van onwettige wapens, geheel en al laat vaar en vandag is die gevangenes van is dwelmhandel en diefstal aangekla. Ratte en sy mede-aangehoudenes is ook vandag

Lees verder: Ratte en ander van ‘dwelmhandel en diefstal’ aangekla

Rassespanning soos vulkaan – Jansen

Die rektor van die Vrystaatse Universiteit, prof. Jonathan Jansen, se opmerking in die Ahmed Kathrada-gedenklesing dat rassespanning in Suid-Afrika soos ‘n vulkaan is wat wag om uit te bars, kom waarskynlik vir min mense as ‘n verrassing. Slegs enkele maande gelede, tydens en kort na die Wêreldsokkerbekertoernooi, sou baie mense egter anders geoordeel het. Dit

Lees verder: Rassespanning soos vulkaan – Jansen

Grense en laer trek

As opgeleide Politieke Geograaf is grense vir my geen onbekende nie. Grense het so ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel dat ‘n deel van die land vandag nog as die Grens bekend staan. Dan het “die grens” waar jong manne gaan veg en baie hul lewens verloor het, ook ‘n diep spoor in

Lees verder: Grense en laer trek

Tregardt en Van Rensburg

Die eerste trekleier, Louis Tregardt, gebore 1783, was kleinseun van die Tregardt-stamvader, ‘n Sweedse immigrant. Louis Tregardt is in 1833 uit die Kolonie na Hintsa se gebied, maar toe dié in April 1835 ook in die grensoorlog betrokke raak, het Tregardt en sy mense padgegee en voor die end van 1835 oor die Oranje getrek.

Lees verder: Tregardt en Van Rensburg

Ratte, Derby-Lewis: dis nes Zimbabwe!

Enigeen wat nog ‘n laaste, flou illusie gekoester het dat Suid-Afrika iets met Westerse demokrasieë in gemeen sou hê, is die afgelope paar dae wreed ontnugter. Sowel die mishandeling van Clive Derby-Lewis as die summiere inhegtenisname van WIllem Ratte en nege ander kon net sowel in Zimbabwe plaasgevind het. Nie net word die bejaarde Derby-Lewis,

Lees verder: Ratte, Derby-Lewis: dis nes Zimbabwe!

Ratte-saak uitgestel ná ‘nuwe bewerings’

Die dringende aansoek om die vrylating van oud-kmdt. Willem Ratte wat vanmôre om 10.00 in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor sou word, is uitgestel vanweë “nuwe en ernstige bewerings” wat deur die staat gemaak word. Ratte se prokureur, mnr. Daan Mostert, is na die gevangenis in Witbank op pad om verdere getuienis van sy kliënt in

Lees verder: Ratte-saak uitgestel ná ‘nuwe bewerings’

Meer as net die Springbok

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie kondig vandag aan dat die Springbokke volgende jaar aan die Wêreldbekertoernooi gaan deelneem met die Springbok-embleem op die skouer. Volgens die persberigte was dit nadat samesprekings tussen die Suid-Afrikaanse regering, SARU en die internasionale liggaam op ‘n dooie punt uitgeloop het. Die regering dring aan dat die protea op die bors, aan

Lees verder: Meer as net die Springbok

ANC wil rugby breek

Die verskuiwing van die Sprinbokembleem op rugbytruie is kommerwekkend. Kan dit dalk die volgende wees wat die ANC, ABSA en die Rugbyraad ingedagte het: Rugby was die nasionale sport van die blanke Afrikaner wat ook ‘n groep-samehorigheid onderhou het en dit is hierdie samehorigheid wat ten alle koste nou onderdruk en vernietig moet word. Sistematies oor

Lees verder: ANC wil rugby breek

Willem Ratte gearresteer

Oud-kmdt. Willem Ratte, ‘n held van die Bosoorlog, en nege van sy studente is gister op sy plaas in Balmoral in hegtenis geneem weens beweerde oortredings van die wapenwet. Volgens ‘n berig in Beeld word ‘n klag van “terrorisme” teen Ratte ondersoek. Ratte het die afgelope paar jaar ‘n kadetkursus vir jong Afrikanerseuns met dwelm-

Lees verder: Willem Ratte gearresteer