Meer as net die Springbok

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie kondig vandag aan dat die Springbokke volgende jaar aan die Wêreldbekertoernooi gaan deelneem met die Springbok-embleem op die skouer.

Volgens die persberigte was dit nadat samesprekings tussen die Suid-Afrikaanse regering, SARU en die internasionale liggaam op ‘n dooie punt uitgeloop het. Die regering dring aan dat die protea op die bors, aan die regterkant, moet voorkom, en omdat die anderkant vir die borg gereserveer is, word die springbok na die mou verban.

Hoewel die internasionale rugbyraad se grondwet, net soos dié van die IOK en Fifa, politieke inmenging in sport en rassisme verbied, word ‘n heel ander stel norme skynbaar toegepas wanneer dit by Suid-Afrika kom.

Die regering se inmenging in die embleemstorie kom terwyl ‘n storm nog woed oor ABSA, ‘n borg, se inmenging in rastransformasie in die Curriebekerkompetisie.

Verskeie lande het reeds probeer om Fifa deur politieke inmenging uit te daag. Onder die lande wat dit probeer het, en gewoon uit internasionale sokker geskors is tel Kenia, Griekeland en Iran, terwyl Nigerië twee keer op die laaste nippertjie kop gegee het en selfs Brasilië onder die ultimatum geswig het.

Die regering probeer ook geensins diskreet wees in sy politieke inmenging nie. Buthana Komphela is ‘n parlementslid wat wyd bekend is, maar nie so seer oor sy kwaliteite as parlementslid nie, veel eerder oor sake soos dreigemente om die Springbokke se paspoorte te laat intrek.

Die regering kan veel vir sportontwikkeling doen, maar om met die Springbokembleem te gaan lol is gewoon nie baie slim nie.

интернет магазины игрушек украинаФильчаков прокурор харькова