‘n Blanke vrou van Port Elizabeth is deur vyf swart gewapende rowers in haar huis verkrag terwyl haar vierjarige seuntjie moes toekyk. Volgens ‘n plaaslike koerant in die Baai is dit “die eerste gewelddadige huisaanval waar verkragting betrokke is” sedert die aanvang van die wêreldsokkerbekertoernooi. ‘n Woordvoerder vir die polisie, adjudant-offisier Precious Timla, het gesê
Jagtog op die Knersvlakte
Toentertyd, het pa Jan vertel, het ‘n klomp Amerikaanse studente as aspirant-jagters op die Knersvlakte beland. Hoewel die storie oor hoe hulle hier gekom het, ‘n storie op sy eie is, handel hierdie verhaal veel eerder oor hul “Namakwalandse ervaring.” Dus maar net so vluggies oor die aanloop drawwe. Die drie, Thomas Bains, Richard Brightstone
Proteas blom met besige tydjie wat voorlê
Die Proteas het die eerste toets teen Wes-Indië op die vierde dag van die wedstryd wat in Trinidad gespeel is, in die sakkie toegeknoop. Die Wes-Indiërs is met 163 lopies met die kous oor die kop huis toe gestuur. Dale Steyn, wat met sy vyf paaltjies in die eerste beurt sy 200ste toetspaaltjie platgetrek het,
Nederland verf sake oranje
Die samesprekings in Nederland oor regeringsvorming neem interessante wendings. Met die party van Geert Wilders, die man wat onlangs nog van kriminele haatspraak aangekla is, as een van die nuwe hoofrolspelers was dit te wagte dat sake anders as voorheen sou uitsien, maar dit is dalk vir baie ‘n verrassing dat die party wat as
Welkom in die werklike wêreld, Bafana
Welkom in die werklike wêreld, en sommer totsiens ook… Met Uruguay se tweede doel, sowat tien minute voor die einde van die wedstryd teen die Bafana Bafana was dit omtrent of die vufuzelas opeens afgeskakel is. Honderde teleurgestelde toeskouers het Loftus Versvelfd begin verlaat… Dit is nie werklik die telling van 3 – 0 wat
Wimbledon verbied Afrikaramshoring
Wimbledon, die All England Club, het tennistoeskouers verbied om vuvuzela te blaas. Afrika se ramshoring, die grootste geraasmaker en tot dusver sukses van die Wêreldbeker, verkoop sedert verlede Vrydag fluks in Brittanje. ‘n Woordvoerder van die All England Club, sê egter die geraasblaser is nie welkom by die tennistoernooi nie. Tennis is ook nie die
Prins blaas ook vuvu
Prins William is ook ‘n vuvuzela-ondersteuner. Hy het die geraasmaker op versoek van ‘n swart kind by ‘n sokkergeleentheid in Botswana geblaas. Die prins was by die Maun-stadion in die noorde van Botswana om deel te neem aan ‘n bewaringsprojek wat sokker gebruik om kinders aan wildbewaring bekend te stel. Die prins het saam met
Herrie prut tussen Nederland en SA oor oranje
Mirte Nieuwpoort en Barbara Castelein, draers van die oranje-rokkie, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof uitgevind dat Suid-Afrika nie ‘n gasvrye land is nie. ‘n Diplomatieke herrie prut tussen Nederland en Suid-Afrika nadat ‘n gespesialiseerde eenheid van die Polisiediens die oranje-meisies vroeg die oggend gaan wakkerklop het. Die Nederlandse minister van buitelandse sake, Maxime Verhagen,
Tutu ondersteun vuvu
Aartsbiskop emeritus Desmond Tutu het die aandrang om die gebruik van vuvuzelas by Wêreldbeker-sokkerstadions te verbied, afgekeur, het die SABC Woensdag berig. Tutu het die verbod van hierdie omstrede Afrika-trompet as nonsens bestempel en gesê sokkeraanhangers moet bereid wees om dié toernooi op die Suid-Afrikaanse manier te geniet. Tutu het in Kaapstad tydens ‘n jeugberaad
Besoedelaars
Отрадная теннисдепутат лобановский
