Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons vriendelike ontvangs in Swede, het ‘n mens byna oorstelp gevoel met die gasvryheid en meegevoel van die

Lees verder: Afrikaner-“sagtemag” in die Lae Lande

Het Israel die oorlog verloor?

Die Israelse aanval op die skepe van ‘n Turkse nie-regeringsorganisasie onderweg na Gasa, was ‘n ongelukkige insident wat die wêreldmening onomwonde teen Israel kan draai. Ten spyte van Danny Ayalon, adjunk-minister van buitelandse sake, se versekering dat Israel uitgelok is om op te tree, gaan die hele voorval olie op die vuur vir Israel se

Lees verder: Het Israel die oorlog verloor?

Zuma kritiseer Frankryk

Pres. Jacob Zuma het Frankryk gekritiseer vir hulle steun aan Niger en Guinee. Die huidige bewinde in dié lande het met staatsgrepe aan die mag gekom. Zuma het gesê Frankryk gee erkenning aan gewelddadige militêre oornames in Afrika wat demokratiese prosesse verontagsaam. Hy het gesê dit is strydig met die oogmerke van die Afrika-Unie. Niger

Lees verder: Zuma kritiseer Frankryk

Veertig gevangenes ontsnap

Meer as 40 gevangenes het ná ‘n gyselaarsdrama uit die Harrismith-tronk ontsnap, het die polisie Maandag gesê. Kapt. Jeremiah Khiba, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê 41 gevangenes het teen 17:00 een van die bewaarders as gyselaar in ‘n sel aangehou “‘n Bewaarder is vir ‘n geruime tyd in een van die selle aangehou voor die gevangenes

Lees verder: Veertig gevangenes ontsnap

Minstens 19 dood in Israeli-aanval

Minstens 19 mense is dood nadat Israeli kommando’s ses skepe met hulpvoorrade wat na die Gasastrook onderweg was, aangeval het. Volgens ‘n woordvoerder vir Henning Mankell, die Sweedse misdaadskrywer, was hy aan boord een van die ses skepe. Sy woordvoerder, Robert Johnsson, het gesê dat hy nog nie sedert die dodelike aanval vir Mankell in

Lees verder: Minstens 19 dood in Israeli-aanval

Afrika moet groter rol in wêreldaangeleenthede speel

Die hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad is een van die belangrikste gesprekspunte onder leiers van Afrikalande wat aan ‘n spesiale beraad in Frankryk deelneem, het dié land se minister van buitelandse sake, Bernard Kouchner, Maandag gesê. Tydens dié beraad, wat Maandag in Nice begin het, sal onder andere gepoog word om ‘n verenigde

Lees verder: Afrika moet groter rol in wêreldaangeleenthede speel

Don Quijote en ‘n wêreldvreemde windmeul

Na aanleiding van Lepton se brief en Nico Smith se reaksie in BY onderskeidelik van 1 en 8 Mei 2010. Is daar dan geen einde aan Nico Smith se stiksienigheid nie? Het ek reg gelees? Hy wil dat die feite van die moord en doodslag wat daagliks om ons woed geïgnoreer word, asof dit nie

Lees verder: Don Quijote en ‘n wêreldvreemde windmeul

Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar

‘n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige menseregteskendings veroordeel is, is deur die UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) se Algemene Kongres in Rome aanvaar. Die mosie is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, voorgestel en gemotiveer. Volgens dr. Mulder is daar ‘n belangrike positiewe beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners. Dr.

Lees verder: Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar

VF+ lê klag teen eTV en Patta

Die Vryheidsfront Plus gaan ‘n klag indien by die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) teen E-TV en die joernalis, Deborah Patta, insake ‘n insetsel in die aktualiteitsprogram, 3rd Degree, waarin ‘n VF Plus-studenteleier van die Universiteit van die Vrystaat en vise-president van die Studenteraad, me. Chrisna De Kock, deur die joernalis me. Deborah Patta geïntimideer en

Lees verder: VF+ lê klag teen eTV en Patta