Oliepryse is nou hoër as wat dit ooit was – behalwe vir ‘n paar benoude oomblikke voor die globale ekonomiese ineenstorting van 2008. Oliemaatskappye waarsku verbruikers dat hulle maar gewoond moet raak daaraan. Onmiddellike faktore dra by tot hierdie opwaartse druk, ook Iran se dreigemente om die Persiese Golf-roete af te sny, vrese vir ‘n
SA wil rug draai op Iranse olie
Die departement van energiesake is op soek na maniere om Iranse ru-olie, wat ‘n kwart van die land se ru-invoere behels, te vervang, is Woensdag berig. “Ons het tot die einde van Mei om met alternatiewe vorendag te kom, en ons is in gesprek met almal, insluitende Iran,” het die minister van energie, Dipuo Peters
Ons wag nog…
Lesers kan gerus hul foto’s van ou verkiesingsbeloftes instuur.Фильчаков прокурор харьков
Die Susan Boyle-effek
Die Westerse vermaakbedryf het ‘n edele ideaal uit die konsep van Die Droom geskep. Dit is juis die onverantwoordelike aansporing om nie net te droom nie, maar om die vervulling van die Droom as ‘n burgerlike reg te aanvaar. Dis tyd om die neoromantiese konsep van die Droom onder die loep te neem . Vergun
ANC neem beheer, renosterstroper gevonnis
‘n Wildboer van Limpopo is vir agt jaar gevonnis vir sy betrokkenheid in renosterstropery, is Woensdag berig. Jaques Els, (39) van Thabazimbi, is ook deur die Makhado-landdroshof Maandag beveel om die Groen Skerpioene R1 miljoen te betaal , het Beeld berig. Els is intussen op borgtog van R300 000 vrygelaat, in afwagting van sy voorneme
Myn buig voor swart ‘verinheemsing’
Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee. Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd. In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem
Onderwysadministrateur glo baasbrein agter plaasmoord
Beeld berig dat ‘n swart administrateur by die departement van onderwys glo die baasbrein agter ‘n onlangse plaasmoord is. Die rooftog en moord op mnr. Dries du Toit in Januarie op sy plaas naby Ventersdorp is haarfyn beplan deur Joseph Lekene (47), eers onderwyser en voormalige skoolhoof. Hy het dié bewerings Dinsdag tydens sy borgtogverhoor
Lees verder: Onderwysadministrateur glo baasbrein agter plaasmoord
Vier verskyn na jongste Gautreinbusaanval
Vier mans en ‘n vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Gautreinbusbestuurder gewond het, sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die vyf, tussen die ouderdomme van 22 en 49, het na bewering die man Maandagoggend in Rooihuiskraal tydens ‘n oefenlopie van die busroetes in Centurion geskiet en gewond. Hulle staar aanklagte
China ontdek wyn
China het Brittanje verbygesteek om die wêreld se vyfde grootste verbruiker van wyn te word, volgens ‘n opname. Mense in China, Hong Kong, het 156 miljoen kiste wyn (12 bottels) in 2010 gekoop, ‘n 33,4%-verhoging van die vorige jaar, het die jaarlikse studie deur die Internasionale Wyn-en Spiritusraad bevind. Wynverbruik het met 140 persent in
Nog ‘n Stellenbosse akademikus trap klei oor apartheid
Nog ‘n Stellenbosse akademikus het kniediep in die slaggate van die politiek getrap toe hy beweer het dat ‘n mens apartheid goedpraat as jy evolusie verwerp. Prof Jurie van den Heever, bekende paleontoloog van US en gereelde deelnemer aan RSG se radioprogram Hoe Verklaar Jy Dit, het in reaksie op ‘n nuusberig oor skole wat
Lees verder: Nog ‘n Stellenbosse akademikus trap klei oor apartheid
