'n Amerikaanse afstandbeheerde spioenasievliegtuig het Donderdag twee missiele in Pakistan afgevuur. Die gebied wat aan Afghanistan grens word deur stamme bewoon en is vermoedelik 'n Al Kaida-vesting sê veiligheidsamptenare.
Luke Watson is reeds deur Afrikaners veroordeel
Dit is nou maar ongelukkig soos dinge deesdae werk. Mense neem besluite volgens persepsies van gebeure om hulle.
Lees verder: Luke Watson is reeds deur Afrikaners veroordeel
‘Grondhervorming nie oplossing’
08:49:23 "Die nuwe ANC-leierskap is besig om dieselfde beleidsfout oor grondhervorming te maak as wat voormalige president Mbeki se kabinet gemaak het. Die aankoop van meer landbougrond om aan swart gemeenskappe te gee is nie die antwoord vir armoede in landelike gebiede nie. Die regering moet eerder meer bystand na die oordrag van grond aan gemeenskappe verleen en die proses waardeur grond aan swart gemeenskappe gegee word verbeter”, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.
Uitslag van plaaslike verkiesing in ANC se guns
08:52:01 Die ANC het ‘n plaaslike verkiesing gewen wat Woensdag in die Alexandra-woongebied gehou is.
Lees verder: Uitslag van plaaslike verkiesing in ANC se guns
Vrystaatse ANC-lid bedank
17:20:53 'n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en voormalige Vrystaatse sekretaris, Charlotte Lobe, het Woensdag vanuit die party bedank.
Jacob zoem in met TV-onderhoud
17:27:03 Die ANC-president, Jacob Zuma, sal na verwagting vanaand op televisie verskyn om die wegbreekfaksie uit die regerende party te bespreek, volgens partybronne.
Lekota en Shilowa span saam vir konvensie oor nuwe party
17:35:29 ‘n Nasionale konvensie wat kan aanleiding gee tot die stigting van ‘n nuwe party deur ontnugterde ANC-lede word vir November beplan, het voormalige Gauteng-premier, Mbhazima Shilowa, vandag gesê.
Lees verder: Lekota en Shilowa span saam vir konvensie oor nuwe party
Massa vermy omstredenheid
16:42:52 Die Ferrari-bestuurder, Felipe Massa, het vandag probeer om omstredenheid te vermy terwyl hy voorberei op 'n taai stryd teen Lewis Hamilton in die komende naweek se Sjinese Grand Prix.
70 dood in lugaanval op Taliban
16:44:31 ‘n Afghaanse regeringsbeampte het Woensdag gesê dat internasionale vegvliegtuie ‘n vergaderpunt van Talibanvegters en ander militante lede op die suidelike grens met Pakistan aangeval het, met soveel as 70 mense wat in die bomaanval gesterf het.
Motorverkope in Europa kry erge knou
15:53:11 Hoë brandstofpryse en verskerpte ekonomiese onsekerheid het veroorsaak dat Europese motorverkope skerp gedaal het in September. Die industrievereniging het gesê dat voertuigregistrasies op die laagste vlak in ‘n dekade is.
