Piyish Chawla en Praveen Kumar het elk vier paaltjies geneem om Pakistan se jaagtog na lopies te stuit andat die Indiese openingskolwers Gautam Gambhir en Virender Sehwag 155 lopies op die telbord geplaas het. Daarmee het Indië 'n ongehoorde 140 lopie-oorwinning in gister se drienasies eendagtoernooi behaal.
Organisasies noem onteieningswet ongrondwetlik
Die onteieningswet is ongrondwetlik en sal 'n negatiewe uitwerking hê op die ekonomie, voedselsekerheid, sakevertroue en eiendomsregte, het burgerlike organisasies en politieke partye gister gesê.
VSA gaan R80 miljard aan Afghanistan skenk
Die VSA gaan ongeveer R80 miljard aan Afghanistan belowe by 'n skenkerskonferensie wat vandeesweek plaasvind, het 'n Amerikaanse amptenaar gister gesê. Die bedrag is egter minder as wat die Withuis van die Kongres wou hê.
Opposisie sal nie Mugabe aanvaar
Na onlangse berigte oor 'n moontlike kompromie in Zimbabwe rondom 'n regering van nasionale eenheid, het die MDC-opposisie gesê dat dit sal weier om die legitimiteit van Robert Mugabe se bewind te aanvaar indien hy homself as wenner van die komende verkiesing op 27 Junie sou verklaar.
Polisiehelikopter keer motordiewe aan in Krugerwildtuin
'n Polisiehelikopter het in James Bondstyl 'n gesteelde motor op 'n grondpad tussen Satara en N'wanetsi teen 190 kilometer per uur agtervolg en uiteindelik die verdagtes aangekeer. Die operasie waartydens die lugeenheid op Nelspruit en die honde-eenheid op Witrivier saamgewerk het, word as 'n klinkende sukses beskryf.Lees verder: Polisiehelikopter keer motordiewe aan in Krugerwildtuin
VF+ jeug bekommerd oor Afrikanermonumente
Die VF Plus-jeug het met kommer kennis geneem van die toestand van verskeie Boere-oorlogforte rondom Pretoria. Die Daspoortrandfort en Fort Klapperkop is in `n haglike toestand. Dit is verniel deur vandaliste en van die oorspronklike staaldeure word afgesny deur diewe.
Keniaanse oplossing vir Zimbabwe?
President Thabo Mbeki is besig om as bemiddelaar op te tree in 'n poging om 'n oplossing van die Keniaanse tipe vir Zimbabwe se verkiesingskonflik te vind. Die Johannesburgse koerant Business Day berig dat daar tans 'n voorstel is om Mugabe as president van Zimbabwe te laat aanbly in 'n regering van nasionale eenheid terwyl Morgan Tsvangirai as eerste minister aangestel sal word.
Vrese vir nuwe verkiesingsgeweld in Kenia
Môre vind daar tussenverkiesings in Kenia plaas wat die vrees laat onstaan het dat hernieude verkiesingsgweld kan uitbreek.
Kapers probeer man lewendig verbrand
Die Natal Witness berig dat kapers gepoog het om 'n plaaswerknemer van Bergville Vrydagnag lewendig te verbrand. Sy motor is aan die brand gesteek terwyl hy in die kattebak toegesluit was.Eskom beplan om teikens mis te loop
Eskom het vandag gewaarsku dat die organisasie sekere van sy tyd- en kosteteikens in sy infrastruktuuruitbreidingsprogram gaan misloop.