Zimbabwe se staatsmedia berig dat nog elf mense dood is aan 'n nuwe uitbraak van cholera in die noorde van die land.
‘n Tshabalala van moord aangekla
Borgtog van R2 000 is in Randburg se Landdroshof toegestaan aan Steven Tshabalala wat daarvan aangekla word dat hy 'n man in 2006 op die Rivonia-afrit op die N1 suidwaarts vermoor het.
Staatshospitale in KZN trek swaar
16:01:46 Staatshospitale in KwaZulu-Natal verkeer op die randjie van ineenstorting, en dis net ‘n kwessie van tyd voordat nog pasiënte daar gaan sterf. Dit is die vrees van verskeie senior dokters wat sê dat hulle nie meer weet watter kant toe nie, en dat die personeel onder ondraaglike omstandighede werk.
Pretoria? Kom maak jou stem dik!
Woensdagaand, 22 Oktober, om 19h00 in die Pretoria-Noord-stadsaal is daar 'n openbare vergadering oor die beoogde verandering van Pretoria se naam, asook 27 historiese straatname. Alle Pretorianers word aangemoedig om op te daag. Kom en wees rumoerig en sit jou voet neer. Pretoria bly Pretoria! Saam kan ons dié lawwe, verregaande en verdelende idee in
Motorfietsryer se Youtube-pret eindig op suur noot
‘n Motorfietsryer wat ‘n videosnit van homself op Youtube geplaas het waarin hy allerhande toertjies doen waarin hy die fiets laat gly of sy wiele laat tol, is Maandag tot 12 weke gevangenisstraf gevonnis.
Lees verder: Motorfietsryer se Youtube-pret eindig op suur noot
Nog ‘n albino vermoor in Tanzani
Dinsdag is bekendgemaak dat aanvallers in Tanzanië ‘n albinomeisie vermoor het. Plaaslike raadslid, Joseph Manyara, van die dorpie in die weste van Tanzanië, waar die graaddriemeisie vermoor is, sê dat die polisie steeds soek na die aanvallers wat die gruweldaad gepleeg het.
Soedan en Internasionale hof weereens aanmekaar
‘n Vooraanstaande menseregtegroep het Dinsdag Soedanese ondersoeke na geweld in Darfoer afgemaak as “vensterversierings” en gesê dit is ‘n opsetlike poging om die saak wat die wêreldhof mee besig is te ontspoor.
Lees verder: Soedan en Internasionale hof weereens aanmekaar
Nigeri? moet teregstellings staak, vra Amnestie Internasionaal
Amnestie internasionaal sê dat dosyne gevangenas wat teregstelling in Nigerië afwag die reg geweier is om te appelleer teen hulle doodsvonnisse en dat hulle ook toegang tot voldoende regsverteenwoordiging ontsê is.
Lees verder: Nigeri? moet teregstellings staak, vra Amnestie Internasionaal
Inflasie styg in Nigeri
Nigerië se jaarlikse inflasie het gestyg tot op 13% vanaf 12,4 % die vorige maand, het die Nasionale Buro vir Statistiek gesê.
Regter ge?ntimideer
11:44:16 Twee mense, insluitend ‘n hofklerk, is aangekla daarvan dat hulle ‘n Durbanse magistraat gedreig het, het ‘n aanklaer Dinsdag bevestig. Die aanklaer, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gesê dat die magistraat met ‘n saak gesit het wat gehandel het oor ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die Pinetown-hof is geïntimideer ‘n week voordat uitspraak in die saak gelewer sou word.
