Drie vermeende renosterstropers is doodgeskiet ná ‘n konfrontasie met wildbewaarders in die Krugerwildtuin, het die Valke Donderdag gesê. Kaptein Paul Ramaloko het gesê die wildbewaarders het omstreeks 18:00 Woensdagaand ‘n skoot hoor afgaan. Hulle het op drie Mosambiekers in hul 20’s afgekom en ‘n skietery het uitgebreek. Die wildbewaarders is nie in die voorval gewond
Rusland, SA skep platinum-handelsblok
Rusland en Suid-Afrika, wat saam sowat 80 persent van die wêreld se reserwes van die platinumgroep metale beheer, beplan om ‘n handelsblok te skep soortgelyk aan OPUL om die vloei van uitvoere te beheer. “Ons doel is om ons aksies te koördineer om ooreenkomstig die markte uit te brei vir die realisering van hierdie metale,”
Indiese juwelier wil SA se goudbedryf help
‘n Groot juweliersmaatskappy in Indië, kan moontlik in Suid-Afrika begin sake doen en mense oplei in juweliersontwerp. Die voorsitter van die Shree Ganesh Juweliershuis in Kolkata in Indië, Nilesh Paruk, woon die Brics-beraad in Durban by en sê hulle bekyk moontlikhede in die mynbedryf in Suid-Afrika. Paruk sê Indië voer die meeste van sy goud
Menslike weefsel in vleis gevind
Wetenskaplikes het spore van menslike weefsel in vleis bedoel vir openbare verbruik gevind, maar dit hou “geen bedreiging” vir die verbruikers wat dit eet in nie. Dit is ook bevind dat slegs 15% van die vleis wat verkoop word korrek gemerk is, wat beteken dat 85% van die vleis in die mark is twyfelagtig. Die
SA-soldate in SAR verraai!
Die eerste Suid-Afrikaanse soldate in die Sentraal-Afrikaanse Republiek is nie doodgeskiet deur die rebelle nie, maar deur muitende regeringsmagte in opstand teen president Francois Bozize. Verslae het intussen na vore gekom oor hoe noukeurig georkestreerde aanvalle beplan en uitgevoer is deur SAR-regeringsoldate op die Suid-Afrikaanse troepe, hul sogenaamde bondgenote wat vir die afgelope ses jaar
Hospitale in SAR verlate, rebelle neem beheer
Hospitale in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is sonder mediese personeel en burgers verkies om in hul huise te bly, selfs al is hulle gewond, het die hulporganisasie Medecins Sans Frontieres (MSF) Dinsdag gesê. Dit volg nadat die selferkende president van die land die grondwet nietig verklaar het. Ná die militêre staatsgreep deur die Seleka-rebellekoalisie het
Name bekend van gesneuwelde soldate in SAR
Die 13 Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in gevegte met rebelle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) bekendgemaak. Volgens die SANW is korporaals Mokgadi Darius Seakamela en Ntebaleng Andrew Mogorosi en onderkorporaals Daniel Sello Molara en Lukas Mohapi Tsheke onder Sondag se slagoffers. Die soldate wat dood is,
Brit doodgeskop in rugby-onderonsie
‘n Britse man van die Verenigde Koninkryk is dood toe ‘n woordewisseling in geweld ontaard het buite die Absa-stadion in Durban, het die polisie gesê. Die voorval het ná die wedstryd tussen die Rebels en die Sharks plaasgevind. “‘n Stryery het tussen ‘n groep mense ontstaan. Ons weet nie wat die geveg veroorsaak het nie,”
Bankrot IDASA sluit deure
Idasa het “met leedwese”, die sluiting van hulle “gerespekteerde organisasie” aangekondig. Die raad het die “onvermydelikheid van die veranderende omstandighede” as rede aangevoer vir die sluiting. Die organisasie is bankrot. ‘n Aansoek sal op 2 April by die Noord Gauteng Hoërhof vir die likwidasie van Idasa aangehoor word. Dit sal gebeur tensy aansienlike onmiddellike bykomende
Brics beskuldig van neo-kolonialisme
China se Ontwikkelingsbank gaan sowat 45 miljard rand aan Transnet leen om Suid-Afrika se verouderende spoorweë op te gradeer. Die nuusagentskap Reuters berig dat ‘n amptelike aankondiging oor die transaksie by die BRICS-beraad in Durban gedoen sal word. Transnet vervoer produkte soos steenkool en ystererts vir uitvoer na die grootste hawens. Die maatskappy beplan om
