Betogers steek N12 onder klippe

Motoriste is deur klipgooiers begroet by die Lenasia-afrit van die N12 Dinsdagaand, het die Johannesburgse metropolisie gesê. “Dit is tans onveilig vir motoriste om op die N12 te reis,” het senior Superintendent Wayne Minnaar gesê. Betogers  is reeds ‘n uur lank besig om klippe te gooi en die pad af te sper met brandende bande.

Lees verder: Betogers steek N12 onder klippe

Zuma gewilder as ooit

‘n Nuwe meningsopname het aangetoon dat president Jacob Zuma nou meer gewild as ooit tevore is. “Kort na Zuma se eerste 100 dae as president het sy gewildheid op 57% gestaan, in September het dit na 53% gedaal. In November het dit egter ‘n hoogtepunt bereik met 58%,” sê Neil Higgs, woordvoerder vir die navorsingsmaatskappy

Lees verder: Zuma gewilder as ooit

Zambië se ekonomie kry hupstoot met SA-beleggings

Suid-Afrikaanse sakeondernemings beplan om ten minste R4-miljard in Zambië, hoofsaaklik in die mynbou en landbou oor die volgende twee jaar, te belê, het ‘n minister gister gesê. Zambië se minister van handel en nywerheid, Felix Mutati, het dit aan ‘n afvaardiging van entrepreneurs uit beide lande, te midde van pres. Jacob Zuma se besoek aan

Lees verder: Zambië se ekonomie kry hupstoot met SA-beleggings

DA neem beheer oor Stellenbosch

Die DA en sy alliansievennote het beheer van Stellenbosch uit die greep van die ANC geworstel. Hulle het die burgemeesters- en onderburgemeestersposisies tydens ‘n munisipale vergadering beklink, wat vir hulle die beheer van die munisipaliteit gee. Die DA se Cyril Jooste is as burgemeester verkies en hy vervang Patrick Swartz wat deur ‘n mosie van

Lees verder: DA neem beheer oor Stellenbosch

Motsepe nie teen nasionalisering

Die sakeman, Patrice Motsepe, sal nasionalisering van die land se myne ondersteun indien dit in die land se beste belang is, het SAUK-radio gister gerapporteer. “My opvatting was nog altyd dat as nasionalisering in die beste belang van Suid-Afrika is, ek dit sal ondersteun, of dit nou nasionalisering is, en of dit nou sosialisme is…

Lees verder: Motsepe nie teen nasionalisering

VN sê Afrika-rebelle gebruik dwelmhandel om operasies te finansier

‘n Hooggeplaaste VN-amptenaar het gister alarm gemaak oor “terroriste en anti-regeringsmagte” in Afrika se Sahel-gordel wat toenemend inkomste uit dwelmsmokkelary gebruik om hulle operasies te finansier. Antonio Maria Costa, hoof van die Verenigde Nasies se kantoor vir Dwelms en Misdaad (VNDM) wat in Wene gebaseer is, het aan die VN se Veiligheidsraad gesê daar is

Lees verder: VN sê Afrika-rebelle gebruik dwelmhandel om operasies te finansier

VF+ evalueer ANC

Die Vryheidsfront Plus sal more, Woensdag 9 Desember 2009, om 11:00 ‘n mediakonferensie hou waartydens die party sy jaarlikse evaluering van die ANC-regering bekend sal maak. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sal die party se evaluering aan die media bekend maak by die party se hoofkantoor in Pretoria.

Lees verder: VF+ evalueer ANC

Aardbewings skud Malawi

‘n Polisiebeampte in Malawi sê ‘n eenjarige kind is dood toe ‘n reeks aardbewings dié land die afgelope drie dae getref het. Die mees onlangse aardbewing het Dinsdag die land getref. Enock Levason, ‘n polisiewoordevoerder in die Karongo-nedersetting, sê die kleuter is Dinsdag dood toe ‘n kombuis inmekaar geval het. Ses ander mense is na

Lees verder: Aardbewings skud Malawi

Vyf bomme ruk Bagdad

‘n Digte swart rookkolom hang oor Bagdad nadat ten minste 100 mense die lewe gelaat het in ‘n gekoördineerde reeks van vyf motorbomontploffings wat die stad Dinsdag geruk het. Volgens hospitaalpersoneel en polisiebeamptes is honderde beseer. ‘n Reeks van vyf bomontploffings waarvan een ‘n selfmoordbomaanslag was, het die universiteit, ‘n hof, moskee en ‘n mark

Lees verder: Vyf bomme ruk Bagdad