Derby-Lewis moet in die tronk ‘vrot’

Clive Derby-Lewis moet in die tronk vrot, het die SAKP se jeugliga (YCL) Dinsdag gesê. “Hierdie afskuwelike man is steeds ‘n simbool van die wreedheid van apartheid en sy duiwelse plan om verdere onstabiliteit te bring. Sy onbarmhartige houding bly ons hoofargument oor hoekom hy in die tronk moet vrot,” het die jeugliga se nasionale

Lees verder: Derby-Lewis moet in die tronk ‘vrot’

Gerda hou Charlize se Jackson omhoog…

Charlize Theron se verteenwoordiger het bevestig dat die rede vir haar transformasie met ‘n kaalgeskeerde kop haar rol as Furiosa in Mad Max: Fury Road, die vierde rolprent in die post-apokaliptiese reeks is. ‘n Ander groot verandering in die oud-Suid-Afrikaanse ster se lewe is natuurlik haar swart aangenome seuntjie, Jackson. Intussen het ma Gerda Jackson

Lees verder: Gerda hou Charlize se Jackson omhoog…

Wisconsin-skieter was dalk ‘gedraaide’ agent

Byna onmiddellik ná die skietery by die Sikh-tempel in Wisconsin, het die geestelike leiers van die Westboro Baptist Church ‘n twiet op Twitter uitgestuur, en die skietery ‘n “pragtige straf van ‘n woedende God” genoem. Westboro se kerkleier Margie Phelps het ‘n twiet uitgestuur wat lees: “God het nog ‘n skieter gestuur?” Die skietery het

Lees verder: Wisconsin-skieter was dalk ‘gedraaide’ agent

Swart atlete en beleërde minister afwesig by Spele-onthaal

Die 800 m-atleet André Olivier is een van talle Suid-Afrikaners wat vandag in aksie is op die Olimpiese Spele. Olivier het vir die halfeindrondte van die 800 meter gekwalifiseer toe hy gister derde in sy uitdun geëindig het. Vanoggend neem Bridgitte Hartley deel aan die kano-snelroei-uitdunne terwyl Sunette Viljoen in die spiesgooi, Lehann Fourie in

Lees verder: Swart atlete en beleërde minister afwesig by Spele-onthaal

Weermag moet ingryp in geweld in KZN sê LUR

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, Willis Chunu, sê hy sal nie huiwer om te vra dat die weermag ontplooi word indien die gevegte in die Ngudwini-gebied naby Eshowe in die noorde van die provinsie voortduur nie. Mchunu vergesel van die provinsiale polisiekommissaris Mmamonye Ngobeni, en tradisionele leiers van die gebied het vergader om die

Lees verder: Weermag moet ingryp in geweld in KZN sê LUR

Skoolboeke in riviere, stortingsterreine

Die presidensiële taakspan wat die handboeksage in Limpopo ondersoek, het na bewering aanbeveel dat die direkteur-generaal van basiese onderwys, Bobby Soobrayan, afgedank word. Soobrayan se aanstaande is glo betrokke by die maatskappy wat die tender vir die skoolboeke ontvang het. Hy is geïmpliseer in potensiële botsings van belange en bewerings van korrupsie vroeër vanjaar nadat

Lees verder: Skoolboeke in riviere, stortingsterreine

Bibberweer, sneeu tref SA

Inwoners van Vanderbijlpark is begroet met ‘n winter wonderland ná sneeu oor die gebied neergesif het. Oor die algemeen sneeu dit in die gebied in die suide van Gauteng een keer in vyf of ses jaar. Dit lyk pragtig, soos Kersfees, sê inwoners. Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervoorspeller Jan Vermeulen het gesê daar is swaar wolke

Lees verder: Bibberweer, sneeu tref SA

Goue swemmer vier sy medalje

Die klub in Londen, Chinawhite, wat aan ‘n ryk Jordaniese sakeman Eyhab Jumean behoort, het Chad le Clos, die Suid-Afrikaanse swemmer wat ‘n goue medalje losgeswem het, getrakteer. Die peperduur nagklub was ‘n paar jaar gelede finansieel in die knyp, omdat hulle bekendes graag onthaal wat nie daarvan hou om te betaal nie. Die Britse

Lees verder: Goue swemmer vier sy medalje

Britse polisie bang om as rassiste gebrandmerk te word

Die Britse polisie is traag om misdade wat gepleeg word deur etniese minderhede te ondersoek, omdat hulle bang is hulle word as rassisties gebrandmerk. ‘n Verslag van die dinkskrum Civitas, sê druk van rasse-sensitiwiteit lê agter die aanvanklike versuim om behoorlik ondersoek in te stel na die bedrywighede van bendes in die noorde van Engeland.

Lees verder: Britse polisie bang om as rassiste gebrandmerk te word