Joernalis dood aangetref

Die polisie sê die skrywer Heidi Holland, wat ondermeer die outobiografie van Zimbabwe se president Robert Mugabe geskryf het, is dood in haar huis aangetref. Lt.kol. Katlego Mogale sê ‘n tuinier het Holland se liggaam by haar huis in Mellville, Johannesburg gekry. Sy was 64. Sy het aan ‘n boom in die tuin gehang. Holland

Lees verder: Joernalis dood aangetref

Libanese gays in opstand oor toetse

Dosyne mense het Saterdag buite howe in die Libanese hoofstad betoog teen die gebruik van anale toetse op mans wat verdink word van homoseksualiteit. Dit is ‘n kriminele oortreding in dié Arabiese land. Die betoging is gehou ná ‘n polisie-klopjag op ‘n gay klub in ‘n ​​werkersklas-distrik van Beiroet verlede maand toe 36 mans in

Lees verder: Libanese gays in opstand oor toetse

Motors: Tien gewone plekke om te besoek voor jy lepel in die dak steek!

{JAthumbnail off} Met die afgelope Julie-skoolvakansie het ons die voorreg gehad om so bietjie deur ons land te toer. Met die rondry het ek van vooraf  besef dat daar ‘n paar goed soos ‘n paal bo water uitstaan oor ons land. Ons land is groot; ons land is mooi; ons land se platteland is wyd

Lees verder: Motors: Tien gewone plekke om te besoek voor jy lepel in die dak steek!

Zumaville-projek in chaos

Die Zumaville-projek van R2 miljard, wat naby pres. Zuma se landelike woning in Nkandla opgerig sou word, is in ‘n chaos, het die Mail & Guardian Vrydag berig. Die koerant het berig dat verskeie probleme opgeduik het. Die hooffasiliteerder van die projek, die Masibambisane- landelike ontwikkelingsinisiatief, is glo bankrot, en daar heers totale verwarring by

Lees verder: Zumaville-projek in chaos

Kaapse lughawepad deur oproer toe

Sowat 500 mense het Vrydag die N2 naby die Kaapstadse internasionale lughawe in ‘n betoging oor dienslewering met brandende buitebande versper. Die stad se ramprisiko-sentrum sê oproeriges het van 04:00 af op die N2-hoofweg byeengekom en sommige het klippe na verbygaande motoriste gegooi. Die polisie het met rubberkoeëls op die oproeriges geskiet om hulle uiteen

Lees verder: Kaapse lughawepad deur oproer toe

Afrika-gasvryheid kan verskaffers kos

‘n Amptelike gasvryheidsentrum vir Afrika-lande wat gedurende die Londense 2012 Olimpiese Spele geopen is, moes hulle deure sluit te midde van bewerings dat die verskaffers se onbetaalde fakture honderde duisende ponde beloop. Die sentrum, oorkant die Royal Albert Hall, huisves ‘n uitstalling en restaurant en is oop vir die algemene publiek sowel as vir deelnemers,

Lees verder: Afrika-gasvryheid kan verskaffers kos

Egipte raak van tweede spioenbaas ontslae

Egipte se president, Mohammed Morsi, het sy intelligensiehoof, Moerad Moewafi, afgedank ná ‘n noodlottige aanval op soldate in Sinaï. Hy is Egipte se tweede intelligensiehoof nadat die vorige spioenbaas onlangs oorlede is. Reuters berig dat die Moslembroederskap op hul webwerf verklaar het dat Israel vir die aanval verantwoordelik is om die Egiptiese regering in die

Lees verder: Egipte raak van tweede spioenbaas ontslae

Minister van vervoer mislei publiek

Die Minister van vervoer het erken dat die wet op die administratiewe beregtiging van verkeersoortredings (AARTO) nie wettiglik toegepas word in die loodsareas van Johannesburg en Tshwane/Pretoria nie. In ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts van die VF Plus in die Parlement, het die minister gesê dat kennisgewings van oortredings nie per

Lees verder: Minister van vervoer mislei publiek

Koue eis sy eerste Pick ‘n Pay – Brits s’n brand af

Die Pick ‘n Pay op Brits is besig om af te brand, word op Twitter berig. Blykbaar “het boemelaars van die los kartondose aan die brand gesteek en toe begin die winkel brand”. Dus het die koue temperature in die noorde indirek tot die brand aanleiding gegee. топкарго развод

Lees verder: Koue eis sy eerste Pick ‘n Pay – Brits s’n brand af

Die nuutste Olimpiese sport: RS

Daar is 302 items by die Olimpiese Spele in Londen. Maar hierdie jaar is daar duidelik ‘n nuwe kategorie: Rasse-sensitiwiteit. Hierdie Olimpiese Spele is deurspek met voorbeelde van mense wat nog nie geskool is in politieke korrektheid nie, en swak vertonings in rasse-sensitiwiteit, RS, lewer. Na die Switserse sokkerspeler Michel Morganella se span verloor het

Lees verder: Die nuutste Olimpiese sport: RS