Die koerant het berig dat verskeie probleme opgeduik het.
Die hooffasiliteerder van die projek, die Masibambisane- landelike ontwikkelingsinisiatief, is glo bankrot, en daar heers totale verwarring by die regeringsdepartemente wat by die bou van die dorpie betrokke is.
‘n Hele paar groot “sakevennote” weet niks van hulle beweerde betrokkenheid by die projek nie.
“Ons het nie geld nie. Dis die einde van die maand en ons moet lone betaal aan die mense wat ons help,” het Masibambisane se ondervoorsitter, Deebo Mzobe, volgens die koerant gesê.
“Ek moet geld uit my eie rekening neem en partykeer gee ek dit vir vrywilligers om hulle aan die gang te hou.”
Die projek sal ook moontlik deur ‘n parlementêre komitee en die Openbare Beskermer ondersoek word oor klagtes dat Nkandla voorkeurbehandeling ontvang.
