Kaapse lughawepad deur oproer toe

Sowat 500 mense het Vrydag die N2 naby die Kaapstadse internasionale lughawe in ‘n betoging oor dienslewering met brandende buitebande versper.

Die stad se ramprisiko-sentrum sê oproeriges het van 04:00 af op die N2-hoofweg byeengekom en sommige het klippe na verbygaande motoriste gegooi.

Die polisie het met rubberkoeëls op die oproeriges geskiet om hulle uiteen te dryf.

Die hoofweg is in albei rigtings tussen die Mew Way- and Duynefontein-afritte vir verkeer gesluit.

Verkeer word na die R300 herlei terwyl die hoofweg begaanbaar gemaak word.

лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae