Joernalis dood aangetref

Die polisie sê die skrywer Heidi Holland, wat ondermeer die outobiografie van Zimbabwe se president Robert Mugabe geskryf het, is dood in haar huis aangetref.

Lt.kol. Katlego Mogale sê ‘n tuinier het Holland se liggaam by haar huis in Mellville, Johannesburg gekry. Sy was 64.

Sy het aan ‘n boom in die tuin gehang.

Holland het in 2008 die boek Dinner with Mugabe geskryf, wat onderhoude met familie-lede en vriende van Mugabe ingesluit het. Die boek sluit ook Holland se onderhoude met Mugabe self in.

In die onderhoude, het Holland gesê, was dit duidelik dat Mugabe in ontkenning leef oor die gevolge van sy grondgryp.

Holland het ‘n rubriek vir The Star geskryf. Sy het ook vryskutwerk vir die The Telegraph, International Herald Tribune, The Guardian geskryf en navorsing vir Britse dokumentêre stukke gedoen.

Een van haar seuns, Jonah Hulle, is ‘n verslaggewer by die Engelse Al Jazeera.

Sy het ook onlangs ‘n boek oor die ANC geskryf, getiteld 100 Years of Struggle – Mandela’s ANC, waarin sy rol van die kommuniste belig.

лобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae