Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, Willis Chunu, sê hy sal nie huiwer om te vra dat die weermag ontplooi word indien die gevegte in die Ngudwini-gebied naby Eshowe in die noorde van die provinsie voortduur nie.
Mchunu vergesel van die provinsiale polisiekommissaris Mmamonye Ngobeni, en tradisionele leiers van die gebied het vergader om die spanning te probeer ontlont wat tot die moord op vyf mense die naweek gelei het.
Minstens nog 17 mense is in die hospitaal nadat hulle in gevegte tussen twee dorpies gewond is. Mchunu sê altwee partye het hulle tot vrede verbind.
