Die 800 m-atleet André Olivier is een van talle Suid-Afrikaners wat vandag in aksie is op die Olimpiese Spele.
Olivier het vir die halfeindrondte van die 800 meter gekwalifiseer toe hy gister derde in sy uitdun geëindig het.
Vanoggend neem Bridgitte Hartley deel aan die kano-snelroei-uitdunne terwyl Sunette Viljoen in die spiesgooi, Lehann Fourie in die 110 meter-hekkies en Anaso Jobodwana in die 200 meter in aksie sal wees.
Die manshokkiespan kom vanmiddag teen Argentinië te staan. Suid-Afrika se atlete het gisteraand ‘n skemerkelk-onthaal by Ekhaya – hul vergaderplek in Londen – bygewoon waarby die adjunk-minister van Sport, Gert Oosthuizen en die hoë kommissaris, Zola Skweyiya teenwoordig was.
Soos dit die norm geword het, het Mbalula se woordvoerder Paena Galane voortgegaan om vrae te ontduik oor die koste.
Mbalula se moeilikheid het verlede week begin toe aantygings na vore gekom het dat hy belastingbetalers se geld gebruik om die ANC-jeugliga se geskorste leier, Julius Malema, by die Corinthia Hotel in Londen te onthaal. Hy het sedertdien ontken hy het vir die gelag betaal.
Politieke ontleder prof Steven Friedman het gesê as Mbalula in Londen op die regering se rekening was, is dit onaanvaarbaar om Malema se verblyf ook te betaal.
