Skoolboeke in riviere, stortingsterreine

Die presidensiële taakspan wat die handboeksage in Limpopo ondersoek, het na bewering aanbeveel dat die direkteur-generaal van basiese onderwys, Bobby Soobrayan, afgedank word.

Soobrayan se aanstaande is glo betrokke by die maatskappy wat die tender vir die skoolboeke ontvang het.

Hy is geïmpliseer in potensiële botsings van belange en bewerings van korrupsie vroeër vanjaar nadat Lebone Litho Drukkers ‘n tender ter waarde van R243 miljoen ontvang het om 19.000 openbare skole van boeke te voorsien. Die Mail & Guardian het aan die lig gebring dat DG Soobrayan se voormalige verloofde se ma, Salama Hendricks, mede-stigter van Lebone Group Holdings is.

Die span het sy bevindinge ‘n week gelede aan president Jacob Zuma voorgelê.

Dit volg nadat twee bakkievragte vol boeke Maandag by ‘n stortingsterrein buite Phalaborwa opgespoor is, berig News24

‘n Polisiewoordvoerder, Ronel Otto, het gesê die boeke wat in Phalaborwa gevind is, is dalk onlangs gestort aangesien dit glad nie beskadig is nie. Dit is na ‘n polisiestasie geneem vir veilige bewaring.

Intussen het ‘n klerk in die provinsiale departement van onderwys, wat beskuldig word van die storting van honderde handboeke langs ‘n dam in Giyani, vlugtig in die Giyani-landdroshof Vrydag verskyn.

Tsakani Glen Kubayi (44), is nie gevra om te pleit op aanklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom in verband met ongeveer 700 handboeke nie. Dis gevind gestort langs ‘n dam in Giyani op 29 Junie en Julie 1. Die saak is uitgestel tot September 5 en sy borgtog van R2000 is verleng.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae