Prysskokke wag vir verbruiker

Die prys van petrol gaan na verwagting in September met sowat 60c per liter styg, het Ilke van Zyl, ‘n ekonoom van Absa Capital, aan OFM gesê.

Dit sal verdere prysskokke in die volgende paar maande tot gevolg hê.

Verhogings in kospryse van 15%, benewens nog die 10% wat reeds in Julie bygevoeg is, veral vir vleis, eiers en melk, kan oor so drie tot vyf maande verwag word, sê ekonome.

Dit sal die prys van 2liter melk na R20 opstoot. Dié verhogings kom nadat die mielieprys gestyg het weens die Amerikaanse droogte, die ergste sedert 1956.

Die beoogde samesmelting van ‘n Amerikaanse en Suid-Afrikaanse maatskappy wat in saadproduksie spesialiseer, gaan pryse verder opjaag.

Die Amerikaanse maatskappy Pioneer Hi-Bred beplan om soveel as 80% van die Suid-Afrikaanse onderneming Pannar Seed oor te koop. Albei maatskappye erken dat die samesmelting ‘n prysverhoging van 12% vir saad sal beteken.

Die Amerikaanse maatskappy se aansoek is deur die kommissie en die mededingingstribunaal afgekeur omdat daar slegs drie spelers in die Suid-Afrikaanse mark is, maar later deur die kommissie se appèlraad goedgekeur.

Dan is daar ook die verhoogde koste soos elektrisiteit wat benewens brandstof verder sal lei tot druk op die verbruiker.

‘n Liter petrol het verlede week met 22c gestyg. Boere en voedselhandelaars moet hul produkte vervoer en aangesien die spoorstelsel veel te wense oorlaat, gaan die verbruiker die koste moet dra.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae