Gerda hou Charlize se Jackson omhoog…

Gerda Theron en Jackson

Gerda Theron en JacksonCharlize Theron se verteenwoordiger het bevestig dat die rede vir haar transformasie met ‘n kaalgeskeerde kop haar rol as Furiosa in Mad Max: Fury Road, die vierde rolprent in die post-apokaliptiese reeks is.

‘n Ander groot verandering in die oud-Suid-Afrikaanse ster se lewe is natuurlik haar swart aangenome seuntjie, Jackson. Intussen het ma Gerda Jackson in Parys, Frankryk, in die geselskap van ‘n lyfwag besig gehou. Gerda het heel ongemaklik met die kind voorgekom en hom tydens ‘n fotosessie ver van haar af weggehou.

Charlize het tydens onderhoude oor haar nuwe rol in die rolprent kort-kort gekruide taal gebruik (soos dit ‘n meisie van Boksburg betaam?), benewens die talle Engelse taalfoute waarmee haar sinne deurspek was.

Die ster het oor Furiosa gesê: “George is werklik ‘n vroulike karakter waarvan ek nog nooit so iets gelees het nie. Ek bedoel, ek is bang [gekruide taal]!

“Ek is baie opgewonde daaroor, ek [gekruide taal] sterf! Dit was drie jaar, dit is tyd om ‘n nuwe manier aan te pak!”

Die kaalkopwaarheid is: Die nuwigheid van haar swart aangenome seun Jackson is waarskynlik ook besig om te taan, want sy verskyn al hoe minder met dié liberale modebykomstigheid op haar heup…

Die Hollywood-ster, wat net 15 was toe haar pa geskiet is, weier om in die openbaar oor die traumatiese gebeurtenis te praat, behalwe om te sê dat Gerda ‘n “slagoffer van huishoudelike geweld” was.

Haar pa Charles, het ma en dogter aan die polisie gesê, was glo gewelddadig en aggressief. Dit is ook bekend dat hy nie Gerda se ambisie vir hul dogter gedeel het nie.

In die boek deur die Suid-Afrikaanse misdaadskrywer Chris Karsten, sê Charlize se tante Elsa Malan egter dat haar broer nooit sy hand teen sy vrou of geliefde dogter sou lig nie.

Maar sy huiwer om te sê dat Charles vermoor is. Volgens Karsten het Charlize se polisieverklaring “vermis geraak nadat sy ‘n Beste-Aktrise-Oscar in 2004 vir haar rol in die rolprent Monster gewen het…”

Elsa sê dat Gerda hulle het met regstappe gedreig het as hulle sou uitpraat.

Killer Women: Fatal South African Females, deur Chris Karsten, Human & Rousseau.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae