‘n Verslag van die dinkskrum Civitas, sê druk van rasse-sensitiwiteit lê agter die aanvanklike versuim om behoorlik ondersoek in te stel na die bedrywighede van bendes in die noorde van Engeland.
Jon Gower Davies, ‘n voormalige akademikus, sê die versuim kom weens die feit dat die polisie al uitgekryt is as “institusioneel rassisties” deur onder meer die Macpherson-verslag.
Hierdie jaar is ‘n bende van Rochdale tronk toe gestuur omdat hulle tienermeisies met alkohol bedwelm het en hulle daarna verkrag het.
Almal behalwe een bendelid was uit ‘n Pakistani-agtergrond.
Die hof het gehoor dat tot 47 meisies deur die groep misbruik is en gedwing is om verskeie kere ‘n week seks te hê, maar twee jaar het verloop voor die polisie uiteindelik die bende gestop het. Hulle het aanvanklik niks gedoen toe ‘n 15-jarige meisie gesê het sy is verkrag nie, en eers 24 maande en nog ‘n reeks wit slagoffers later, het die polisie ingegryp.
‘n Voormalige Arbeiders-LP, Ann Cryer, het gesê die polisie se versuim om die saak behoorlik te ondersoek, was omdat hulle nie gebrandmerk wou word as rassiste nie.
‘n Voormalige Arbeidersraadslid, beskryf die gebrek aan ondersoek na seksuele misdade as ‘n geval van “omgekeerde” institusionele rassisme waarin die lot van die slagoffers, kwesbare wit meisies, nie ernstig opgeneem word nie.
Die verslag lui: “Toe die verhoor van ‘n aantal van die Pakistanse mans in Februarie 2012 uiteindelik voor die hof gekom het, het dit geblyk dat die bewerings van misbruik deur ‘n (wit) meisie net eenvoudig deur die polisie geïgnoreer is.”
